Leerlingdokter na veiliger selle verskuif
Leerlingdokter na veiliger selle verskuif

Leerlingdokter na veiliger selle verskuif

Ogone Tlhage
Ogone Tlhage – Die leerlingdokter wat glo Sondag ‘n manlike pasiënt by die Katutura-hospitaal in Windhoek verkrag het, moet komende Maandag weer in die hof wees.

Dr. Dennis Noa (26) is op versoek van sy prokureur na die aanhoudingselle by die Seeis-polisie naby die Internasionale Lughawe Hosea Kutako verskuif. Hy is sedert sy inhegtenisneming by die Wanaheda-polisiekantoor aangehou.

Noa het gister ‘n eerste verskyning in die Katutura-landdroshof voor landdros Johannes Shuuveni gemaak.

Staatsaanklaer Filemon Nyau het aangevoer die toestaan van borgtog sal nie in die belang van die publiek en geregtigheid wees nie omdat die ondersoek nog maar pas begin het die beskuldigde dalk op die vlug kan slaan.

Me. Janike McLeod-Janser het namens Noa die verskuiwing na Seeis versoek op grond van die beroep van die beskuldigde en vrese vir sy veiligheid.

Shuuveni het die versoek toegestaan en die saak tot 19 April uitgestel met die oog op ‘n formele borgaansoek.

Die pasiënt is opgeneem met breinbeserings en onraad is vermoed toe ‘n kondoom op die toneel van die beweerde oortreding ontdek is.

Noa is die tweelingbroer van wyle Donbaldt Noa wat op 17 Desember in ‘n girokopterongeluk buite Windhoek gesterf het. Die tuig se vlieënier, mnr. Pierre Blaauw, het ook in die tragiese ongeluk gesterf.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!