Leerling, toeris sterf
Henriette Lamprecht - 'n Spaanse vrou is op slag dood toe die toerbus waarvan sy 'n insittende was Saterdag op die hoofpad tussen Tsumkwe en Grootfontein teen 'n dubbelkajuitbakkie gebots het.
Die bakkie het vier Franse toeriste as insittendes gehad. Die ongeluk het omstreeks 11:40 sowat 90 km oos van Grootfontein plaasgevind.
Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinspekteur Kauna Shikwambi, was die toerbus, wat aan Africa Tour Operator behoort, van Grootfontein af en die bakkie van Tsumkwe af op pad. Die bakkie behoort aan Namvic Tours and Safaris.
Na bewering het die Franse toeriste, wat voor die bus gery het, stadiger gery toe hulle 'n kameelperd gewaar.
Die toerbus het verby die bakkie begin beweeg wat skielik regs gedraai het. Die bus het teen die kant van die Franse toeriste se dubbelkajuitbakkie gebots en toe 'n paar keer gerol.
Volgens Shikwambi het die toerbus 26 insittendes gehad, insluitende die 31-jarige Spaanse vrou.
Sestien passasiers is ernstig beseer, terwyl nege lig beseer is.
Die toerbus se insittendes het 23 toeriste van Spanje, twee Zimbabwiërs en 'n 44-jarige bestuurder van Suid-Afrika ingesluit.
Die vier Franse toeriste, twee mans en twee vroue, het slegs ligte beserings opgedoen.
Alle beseerdes is na die staatshospitaal op Grootfontein vervoer, terwyl dié met meer ernstige beserings per vliegtuig na Windhoek gebring is vir spesialisbehandeling.
Intussen is 'n saak van strafbare manslag geopen nadat 'n 18-jarige leerling in die vroeë oggendure van Sondag in 'n motorongeluk 20 km voor Swakopmund dood is.
Volgens adjunkkommissaris Erastus Iikuyu, koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, het die 26-jarige mnr. Jeffrey Swartz omstreeks 02:50 op 'n draai beheer oor die sedanvoertuig verloor waarna dit die pad verlaat het en omgeslaan het.
Een van die insittendes, Nicole Tsela, 'n leerling aan die Hoërskool Eldorado, is op slag dood.
Die 19-jarige me. Sheroline Davids en die 20-jarige mnr. Henrico Swarts is lig beseer en saam met Swartz na die staatshospitaal op Swakopmund vir mediese ondersoeke geneem. Swartz is in hegtenis geneem, maar is steeds onder polisiebewaking in die hospitaal.
Volgens Iikuyu was die vier glo na bewering ná 'n kuiersessie in Windhoek sonder enigiemand se medewete op pad kus toe.
Nog 'n ongeluk het Saterdag die lewe van me. Flavia Emvula geëis nadat die band van die motor waarin sy op reis was op die Kalkfeld-Otjiwarongopad gebars het en die voertuig gerol het. Twee mense is ernstig beseer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie