Lu00fcderitz paraat om virus te beveg
Lu00fcderitz paraat om virus te beveg

Lüderitz paraat om virus te beveg

Tanja Bause
Tanja Bause



In die hoofstraat van Lüderitz staan twee oliedromme opmekaar gestapel. Die oliedromme is handewaspunte wat in die dorp en informele nedersettings opgerig is sodat mense hul hande gereeld kan was. In totaal is daar 19 sulke punte oraloor die dorp.

Op die dromme staan “Covid-19 (corona) reaksietaakspan Lüderitz” – die span agter die handewaspunte. Die dryfveer agter dié punte is mnr. Andrew Naweseb wat vir die dorpsraad op Lüderitz werk.

“Net nadat die president die noodtoestand afgekondig het, is die taakspan in die lewe geroep en ek is 'n lid daarvan. Die hoof­doel is om mense oor die voorkoming van die virus en algemene inligting oor die virus in te lig. Ons het besluit om proaktief te wees en om water na die mense te bring sodat hulle hul hande gereeld kan was,” het hy gesê.

Die winkels het onmiddellik begin om mense se hande te ontsmet voordat hulle die winkel binnegegaan het.

Die taakspan het gevoel meer is punte nodig, veral in die informele nedersettings.

“Ek het met die idee vorendag gekom en het die toestelle ook self gemaak. Die idee was dat hulle swaar genoeg is om nie te kan wegdra nie, maar hulle moes ook mobiel wees om rondgeskuif te word. Ons is 'n baie winderige dorp en die punte moes sterk genoeg wees om die wind te kan weerstaan. Ek het aan al die vereistes voldoen.”



GEPRAKSEER

Die boonste drom bevat die seepwater en die kraan. Die onderste drom vang die water op nadat jy jou hande gewas het. Dit verhoed dat die water die straat afloop.

“Ons het al die punte naby die rioolstelsel gesit. Daar is 'n pyp in die onderste drom wat na die rioolstelsel lei waarin die gebruikte water vloei.”

Die 19 dromme wat in die eerste week van April opgerig is, is strategies by plekke geplaas waar mense bymekaarkom.

“Ons het na plekke gekyk waar daar baie mense is, soos die taxistaanplek, voor groot winkels en by openbare toilette. Veral in die informele nedersettings het ons die punte opgerig waar die meeste mense rondbeweeg,” het hy gesê.

Volgens Naweseb is die enigste probleem dat die boonste drom roes. Hy het besluit om in die toekoms plastiekdromme te gebruik wat langer sal hou.

“Die Lüderitz-dorpsraad het vir die handewaspunte betaal.”

Die dorpsraad het in April houers by die dorp se ingang geplaas waar mense wat die dorp wou binnekom se temperatuur gemeet is en hulle besonderhede geneem is. Die padblokkade is egter gesluit omdat daar besluit is om dit by Aus op te rig. 

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!