Lüderitz, die oester van ||Kharas

Die oesters is nie net vir die Namibiese mark bestem nie, maar word ook na Suid-Afrika uitgevoer.
Tanja Bause
Tanja Bause – Onder ideale omstandighede kan Lüderitz een miljoen oesters van tussen 30 en 45 gram per maand aan oesterplase op Walvisbaai en in Suid-Afrika lewer.

“Ons kan tans sowat 800 000 lewer, maar ons is besig om weer voorraad op te bou en sal eersdaags weer een miljoen kan lewer,” het mnr. Gerd Kessler, die mede-eienaar van Gigas Spat Supply, Lagoon Aquaculture en Five Roses Aquaculture, gesê.

GIGAS SPAT SUPPLY

“Gigas Spat Supply ontvang oor ’n miljoen klein oesters per maand vanaf ’n oesterkweker naby Myl 4 buite Swakopmund. Hulle is tussen drie en vier maande oud wanneer hulle by ons aankom,” het Gerd gesê.

Volgens me. Kirsten Kessler van Gigas Spat Supply en Lagoon Aquaculture word die oesters in houthokke met net bo-oor geplaas waar hulle vir ’n maand op die water dryf. Die hokke word aan toue vasgemaak, wat op hul beurt weer aan dromme vasgemaak is. Die dromme is geanker om die toue met die houthokke en oesterhabitatte vir die groter oesters in plek te hou.

“Die oesters is tussen vier millimeter en ses millimeter lank wanneer hulle in die hokke geplaas word. Daarna lewe hulle nog ’n maand in plastiekkratte. Ons verkoop hulle wanneer hulle tussen 12 mm en 15 mm lank is. Dan word hulle na Five Roses Aquaculture oorgeplaas, waar hulle vir die volgende 12 tot 14 maande bly tot hulle tussen 30 g en 45 g weeg,” het Kirsten gesê.

“Ons ry drie tot vier keer per dag per boot na die habitatte aan die westekant van die lagoon. Die habitatte word uitgehaal, op die boot gelaai en terug na die land gebring. Hier word die oesters uitgehaal en volgens grootte gesorteer. Intussen word die habitatte noukeurig ondersoek en skoongemaak. As herstelwerk nodig is, word dit gedoen. Die oesters wat groot genoeg is om na Five Roses te gaan, word eenkant gesit en die ander word terug in die water geplaas. Die habitatte word terug na die lyne geneem en in die water gesit,” het Kirsten gesê.

Gerd sê Gigas Spat Supply het tans 5 miljoen klein oesters.

FIVE ROSES AQUACULTURE

Five Roses Aquaculture het gewoonlik 11 miljoen oesters in voorraad sodat hulle een miljoen per maand aan oesterkwekers kan lewer.

“Op die oomblik het ons nie so baie oesters nie, omdat ons nie genoeg klein oesters van Swakopmund af kry nie. Maar ons is besig om voorraad op te bou,” het Gerd gesê.

Mnr. Jürgen Fleidl, bestuurder en vennoot van Five Roses Aquaculture, sê hulle is tans besig om hul eie habitat te ontwikkel.

“Baie van dié wat ons gebruik is ingevoer en ander is plaaslik ontwikkel, maar ons is besig om die plaaslik ontwikkelde een te verbeter. Trouens ek is seker dat ander oesterkwekers ons nuwe habitat by ons sal koop. Hulle is nie net hier ontwikkel nie, maar word ook op Lüderitz gemaak,” het Jürgen gesê.

Gerd en Jürgen het saam 20 jaar se ondervinding in die oesterbedryf. Five Roses het tans 38 mense in diens.

“Sodra ons weer voorraad opgebou het, dan verkoop ons per week een of twee vragmotors met vier ton oesters elk aan boere op Walvisbaai, een tot twee vragte per maand aan oesterkwekers in Port Elizabeth in Suid-Afrika, asook aan Saldanha in Suid-Afrika. Ons het nie vragmotors nie. Ons stel die kwekers in kennis wanneer die oesters reg is en gelaai kan word. Hulle stuur dan hulle vragmotors om die oesters te kom haal,” het Gerd gesê.

Oesterkwekers op Walvisbaai koop die 30 g tot 45 g oesters om weer op Walvisbaai vir 3 tot 4 maande in die water te sit om groter te word.

“Lüderitz se oesters is maer met water in die skulp. Walvisbaai se oesters is groot, vet en romerig met geen of min water nie. Hulle kom almal oorspronklik van Swakopmund af, dan word hulle op Lüderitz grootgemaak en op Walvisbaai vetgemaak,” het hy gesê.

LAGOON AQUACULTURE

Lagoon Aquaculture se oesters kan tot twee jaar oud word en 95 g of meer weeg.

“Daar is sowat een miljoen van die groot oesters en hulle word hoofsaaklik na China uitgevoer. Dit is ’n nismark en hulle soek nie die klein oesters wat hoofsaaklik op Walvisbaai verkoop word nie, maar baie groter oesters,” sê Gerd.

Giga Spat Supply het sowat 5 miljoen oesters in die waters, Lagoon Aquaculture 1 miljoen en Five Roses Aquaculture gemiddeld 11 miljoen.

Gigas Spat Supply en Lagoon Aquacutlure het 20 werkers in diens.

COVID-19

Die Covid-19-pandemie het ’n invloed op die oesterplase gehad, omdat die markte in China toegemaak het en die uitvoer van oesters nie net na Suid-Afrika, maar ook na Walvisbaai moeiliker geraak het.

“Ons het baie by die grensposte gesukkel, maar ons kon nog steeds na Suid-Afrika uitvoer. Dit was wel minder, omdat die markte in China toegemaak het. China se grense is weer besig om oop te maak en dit gaan beter. Ons kon ook oesters na Walvisbaai onder streng toesig van die owerhede vervoer. Wanneer die vragmotorbestuurder terug Lüderitz toe gekom het, is hy deur die coronapolisie tot by die oesterplaas begelei. Hy mag nie uit die voertuig klim nie en ons moes die oesters laai sodat hy weer kan gaan aflewer,” het Gerd gesê.

“Gelukkig het ons kliënte verskillende markte en baie van die Walvisbaaise oesterboere het nou markte in Rusland ontdek. Dit het natuurlik gehelp dat daar altyd ’n aanvraag na oesters was wat ons kon lewer.”

“Dit was moeilik en ons het skade en inkomsteverliese gely, maar ons is deur die ergste en kyk net vorentoe.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.31 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.15 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.28/OZ UP +0.48% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.09% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.31/BBP DOWN -0.0045 | Platinum US$ 938.85/OZ DOWN -0.0012 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.31 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.15 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.28/OZ UP +0.48% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.09% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.31/BBP DOWN -0.0045 | Platinum US$ 938.85/OZ DOWN -0.0012