Langstrand-pad grief inwoners

07 December 2017 | Plaaslik
Beswaarde inwoners en huiseienaars van Langstrand het in 'n brief aan die Walvisbaai-munisipaliteit kapsie gemaak teen 'n beplande pad en parkeerareas wat tussen strandfront-eiendomme en die see in die vooruitsig gestel word.

Een van die onvergenoegde eienaars van eiendom op Langstrand, mnr. Eben de Klerk, het gister aan Republikein gesê hy het ondertussen ook die omgewingsimpakstudie wat die munisipaliteit gedoen het, en afskrifte van notules van die munisipaliteit se vergaderings met die ministerie van visserye en mariene asook dié van die omgewing en toerisme aangevra.

Hy het die versekering van die skakelbeampte van Walvisbaai gekry dat die hoofbestuurder van die munisipaliteit van die aangeleentheid bewus is.

Voorts het die besorgde inwoners ‘n regsfirma gekry wat bereid is om namens hulle op te tree.

“Ons is gereed om so vroeg soos volgende week op te tree,” het hy gesê.

Hy het vroeër aan Republikein se susterpublikasie Erongo gesê die Walvisbaai-stadsraad het die saak aan die kantoor van die prokureur-generaal (PG) oorhandig. Die PG se kantoor kon geen terugvoering oor die aangeleentheid gee nie.

“Vorige raadplegende prosesse kon nie ‘n einde aan die konstruksieplanne maak nie en die enigste opsie wat oorbly, is om onsself te organiseer en die hoërhof vir verligting te nader. Ons is op soek na bewyse dat die konstruksie van die pad geproklameer is. Ek het ook vir twee weke, sonder enige welslae, gesoek na ‘n afskrif van die Staatskoerant waarin die amptelike proklamasie van die pad gepubliseer is,” het De Klerk gesê.

Die stadsraad het op ‘n vergadering op 10 Oktober vanjaar besluit om voort te gaan met die konstruksie van die pad en parkeerareas langs die strand. Die raad het ook besluit om alle wetgewing te hersien wat in die pad van die raad se voorneme staan. Hierdie wette sal waar nodig gewysig word sodat voortgegaan kan word met die konstruksieplanne.

Voorts is besluit dat verdere konstruksie van strandpaaie en parkeerareas sal volg.

Besorgde inwoners het die stadsraad van Walvisbaai tot 10 November gegee om die planne te laat vaar.

Vanweë geen reaksie van die munisipaliteit nie het inwoners besluit om ‘n vrywillige vereniging op die been te bring om die saak te hanteer. Belanghebbendes is genooi om daarby aan te sluit.

In die skrywe aan die munisipaliteit is gesê die konstruksie van die pad sal eienaars en inwoners van Langstrand aansienlik benadeel.

Van die redes wat aangevoer word, is dat die strandgebied onooglik sal wees en ‘n groot aantal ongedissiplineerde mense sal lok.

Groter verkeersdruk en die gemak om toegang tot hierdie gebied te kry, sal volgens die besorgde inwoners misdadige aktiwiteite bedags en snags laat toeneem wat alle inwoners van Langstrand sal raak.

Die strand self sal vir veral vir kinders onveilig wees.

Langstrand-eiendomme, veral strandfront-eiendomme, se estetiese waarde sal afneem en gevolglik sal dit ook minder in monetêre waarde werd wees.

“Die redelike rustigheid wat tans deur inwoners van Langstrand geniet word, sal ernstig versteur word,” lui die brief.

Soortgelyk

 

Haufiku ontken uitbetaling van N$1 miljard

11 ure gelede | Gesondheid

Berigte dat die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku N$1 miljard aan ongeregistreerde verskaffers betaal het wat ook nie geregistreer was om...

Naam van man bekend wat in ongeluk sterf

16 ure gelede | Ongelukke

Die 41-jarige man wat Donderdag in ’n ongeluk op die Outjo-Otavi-grondpad gesterf het, is as Smit de Wet Louw identifiseer. Die kop-teen-kop-botsing wat sy lewe...

Khomasstreek oor grondeienaarskap

1 dag gelede | Landbou

Elvira Hattingh - “Buitelanders se plase moet outomaties onteien word en boere moet tot 50% eienaarskap van hul plase aan plaaswerkers afstaan ten einde grondhervorming...

Windhoek 'in gróót moeilikheid'

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting – Terwyl die verbruiker voortaan tot 300% meer vir sekere dienste moet opdok, het die stadsvaders van die Windhoekse munisipaliteit (CoW) pas ’n...

Weer vir 20 Julie 2018

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm in die Zambezi-, Kavango- en oostelike streek. Elders sal dit sonnig en matig tot warm wees. Dit sal...

Reho se /Uirab ‘in die pad gesteek’

1 dag gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Mnr. Christoph /Uirab, uitvoerende hoof van die Rehoboth-dorpsraad, het agt maande van sy termyn tuis deurgebring./Uirab, wie se laaste werksdag vandag is,...

Kalender 13 Julie

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Anin Namibia bied tans ’n uitstalling in die Omba-galery aan. Hierdie keer het hulle groepsborduurprojekte en maatskappye genooi om deel te...

Siba sprankel by ekspo

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Eet, smul en knaag bly maar hoogtepunte in baie van ons se dag. Vir sommige is dit ’n uitdaging om kos te maak en ander...

Kortbroektreffers uit Rocco se pen

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Die bekroonde en uiters begaafde pianis Rocco de Villiers is terug met ’n splinternuwe popalbum, wat nie net vir die eerste keer met ’n Afrikaanse...