Langer naweek sodat mense meer koop, vra China
Langer naweek sodat mense meer koop, vra China

Langer naweek sodat mense meer koop, vra China

In Beijing spoor die owerhede reeds winkelsentrums en kleinhandelaars aan om hul handelsure te verleng.
William Horne - Vrydagmiddae af en winkels wat langer oop bly, is twee van die voorstelle waarmee Chinese owerhede plaaslike verbruikers probeer aanmoedig om meer te bestee.

Hebei, ’n provinsie in die noorde van China, stel voor dat ondernemings naweke verleng in die hoop dat verbruikers dié tyd sal gebruik om geld te bestee en so die ekonomie te stimuleer.

In die provinsie se tweejaar-plan wat hy op 10 Januarie gepubliseer het, sê die plaaslike regering ander voorstelle is meer betaalde vakansiedae vir werknemers en aanpasbare werkure. Maatskappye sal self kan besluit of hulle die voorstelle wil toepas.

Die doel van die Hebei-plan is om “sistemiese struikelblokke wat residensiële verbruik in die provinsie belemmer te verwyder en nuwe verbruiksgroei te stimuleer,” lui die voorstel.

In die hoofstad, Beijing, wat binne die grense van die provinsie lê, spoor die owerhede reeds winkelsentrums en kleinhandelaars aan om hul handelsure te verleng. Beijing hoop die “nag-ekonomie” sal besteding aan mode- en handelsnaam-artikels stimuleer, het Beijing News Maandag berig.

STIMULEER VERBRUIKERSBESTEDING

China probeer toenemend verbruiksbesteding stimuleer as ’n manier om ekonomiese groei te ondersteun, ook deur belastings te verlaag.

Senior beleidsamptenare het Dinsdag verdere belastingverlagings aangekondig nadat die jongste ekonomiese data op verdere trae prestasies dui.

Volgens die beleggingsbank JPMorgan Chase se ekonome sal die impak van dié verlagings waarskynlik sowat US$300 miljard wees; 1,2% van China se bruto binnelandse produk.

Verlede Mei het die regering belasting op toegevoegde waarde gesny vir die vervaardiging-, vervoer-, konstruksie-, telekommunikasie- en landboubedryf, gevolg deur ’n verlaging in persoonlike inkomstebelasting en die uitbreiding van belastingaftrekkings.

Vroeër vandeesmaand het die owerheid jaarlikse belastingverlagings van altesame US$29 miljard vir kleinsakeondernemings aangekondig.

Voorheen was die fokus eerder op fiskale beleid en staatsbesteding, maar dit is nie meer voldoende om die ekonomie genoegsaam te laat groei om finansiële stabiliteit te verseker in die lig van China se groot skuldlas nie.

SKULDLAS

Die skuldlas spruit onder meer uit die bou van infrastruktuur soos brûe en spoorweë in die nadraai van die wêreldwye finansiële krisis in 2008.

In die lig van volgehoue stadige wêreldwye ekonomiese groei en die handelsoorlog met Amerika, is dit egter nie duidelik of dié nuwe benadering voldoende sal wees om die Chinese ekonomie te stabiliseer nie.

Of die plan om werksure te verkort gaan werk, moet nog gesien word. Internasionaal is gemengde resultate hiermee behaal.

Perpetual Guardian, ’n Nieu-Seelandse maatskappy wat trusts en boedels bestuur, het bevind ’n werkdag van vier dae lei tot groter produktiwiteit, berig The Guardian. Maar ’n tweejaar-eksperiment onder verpleegpersoneel van ’n ouetehuis in Swede, waar werksure verminder is terwyl besoldiging konstant gebly het, het getoon die koste het die voordele oorskadu.
– Netwerk24/Bloomberg, verwerk

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!