'Toerisme is enjin vir ekonomiese groei'
Die meerderheidsaandeelhouer in Langer Heinrich het die nodige goedkeuring van belanghebbers gekry om binnekort alle uraanproduksie en werksaamhede by dié uraanmyn op te skort.
Jo-Maré Duddy en Adolf Kaure
Sowat 'n honderd van Langer Heinrich Uranium se werkers het gisteroggend vreedsaam betoog en 'n klagskrif aan dié uraanmyn se bestuur oorhandig waarin hulle kapsie maak teen die manier waarop hulle afgelê is.
Paladin, die meerderheidsaandeelhouer in die myn, het teen die einde van April gesê dit het met stappe begin om Langer Heinrich op 'n versorging- en instandhoudingsgrondslag te plaas.
Die groep het Vrydag aangekondig die nodige goedkeuring van belanghebbers is verkry om dié besluit deur te voer en dat dié proses binne drie maande afgehandel sal wees.
'ERNSTIGE KWESSIE'
Mnr. Johan Roux, menslike hulpbronne- en regshoof van Langer Heinrich Uranium, het aan Republikein bevestig die proses sal aan die einde van Junie begin en na verwagting teen Augustus afgehandel wees.
Altesaam 317 werknemers word geraak.
Mnr. Paulus Iipumbu, die voorsitter van Swakopmund se tak van die Mynwerkersunie van Namibië (MUN), het die klagskrif aan die besturende direkteur van Langer Heinrich, mnr. Michael Introna, oorhandig. Daarin spreek die werkers hul “teleurstelling en ontevredenheid” uit oor die wyse waarop die maatskappy “die regtig ernstige en ewe sensitiewe kwessie van versorging en instandhouding” benader het.
Klagskrif
Luidens die klagskrif is Langer Heinrich deur middel van 'n memorandum ingelig en nie “noodwendig probeer” om vooraf met die MUN in gesprek te tree nie.
Me. Bernadette Bock, Langer Heinrich se hoofwoordvoerder, het in April gesê die minister van myne en energie, mnr. Tom Alweendo, die arbeidskommissaris, mnr. Henri Kassen, en die kantoor van die MUN se sekretaris-generaal was van die verwikkelinge ingelig.
Langer Heinrich het dus aan alle wetlike vereistes voldoen om met hul plan voort te gaan, het Bock gesê.
Die werkers het gister op 'n nuwe onderhandelingspan aangedring wat voorsiening maak vir individue wat “radikaal is en die werkers se belange op die hart dra”. Oor die “stagnante posisie” van 'n week se skeidingsbetaling en 'n maand se afleggingskennisgewing moet onderhandel word, sê die werkers.
“Ons het motors, huise en studielenings vir kinders bekom,” het Iipumbu gesê.
Bock het in April verseker dat Langer Heinrich “te alle tye” die riglyne van die betrokke wetgewing sal nakom.
Met die ontvangs van die klagskrif het Introna onderneem om terugvoering aan die MUN te verskaf.
Paladin het Vrydag opnuut beklemtoon dat die besluit om Langer Heinrich op 'n versorging- en instandhoudingsgrondslag te plaas, nie ligtelik geneem is nie. Dit is egter die “mees logiese” stap om die myn se uraanbron te behou en bedryfsverliese te verlig wat uit kontantvloei spruit, sê Paladin.
Paladin Energy besit 75% van Langer Heinrich, terwyl die res in Chinese Overseas Uranium Holdings se hande is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie