Langer Dash lok méér soloryers

20 October 2021 | Sport
Die 17de Nedbank Desert Dash-bergfietsmarathon oor 393 kilometer deur die Khomas Hochland en die Namib sal op Vrydag 10 Desember in die hoofstad by die Grove-inkoopsentrum afgesit word.

Dié goeie nuus is gister deur mnr. Richard Meeks, Nedbank se uitvoerende hoof vir sake- en kleinhandelbankwese, in Windhoek bekend gemaak. Die uitmergelende – dog hoogs gesogte en aansienryke – fietsmarathon se eindstreep sal soos in die verlede weer by Platz Am Meer in Swakopmund lê en wag.

Nedbank het vandat hy die borgskap ’n paar jaar gelede aangekondig het, reeds N$7 miljoen in dié ikoniese langste eendaagse bergfietsresies ter wêreld belê. Geharde bergfietsentoesiaste stroom jaarliks in van Suid-Afrika, Malawi, die VSA, Duitsland, Portugal, Brittanje, Frankryk, Serwië, Kanada, Ierland, België, Botswana en vele ander lande vir die uitdaging.

In Desember sal ’n rekordgetal van 250 soloryers die langer roete aanpak wat met 20 km verleng is. Leander Borg, organiseerder van LEMA Events wat die Desert Dash besit, het vertel hoekom die roete meer lyf gekry het.

“Eers was dit 340 km en later 373 km. Vanjaar wil ons ’n uitdaging aan die ryers rig en het dit verleng. Die idee is nie om deelnemers te straf nie, maar ná vele voorstelle om die roete langer te maak, het ons uiteindelik ingestem.

“Die ekstra 20 km sal in die Naukluftpark gery word. Al dié paaie sal ’n paar dae voor die Dash geskraap word. Uit elke span sal slegs een lid by die Grove wegspring om die eerste 100 km te ry. Al die ondersteuningspanne sal voor die ryers vertrek, om ’n relatief stofvrye roete te verseker.

“Ongeveer N$1.2 miljoen word aan prysgeld uitbetaal en ’n Trek-bergfiets van ongeveer N$80 000 geborg deur Mannie’s Bike Mecca sal in ’n gelukstrekking ’n nuwe baas kry.”

Die ondersteunende borge vir die 2021 Nedbank Desert Dash is Bokomo, Coca-Cola, High Tec, Hollard, Indongo Toyota, Langer Heinrich, Namibië Brouerye, Radio Wave, Slow Town Roasters en Super Spar Maerua (Vecke & Voights).

[email protected]

FOTO
Van links is Leander Borg (organiseerder van Lema Events), dr. Audrin Mathe (uitvoerende direkteur by die ministerie van sport, jeug en nasionale diens) en mnr. Richard Meeks van Nedbank. Foto Verskaf

Soortgelyk

 

Gevalle styg met 41%, moontlike aanvang van vierde golf

1 uur gelede | Gesondheid

Die aantal Covid-gevalle in die land het binne 'n dag met 41% gestyg. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, kan...

Chelsi bekoor in unieke kostuum

15 ure gelede | In beeld

Die Mej. Namibië-organisasie het gister die kostuum onthul wat Chelsi Shikongo op 12 Desember sal dra wanneer sy die land by die Mej. Heelal-skoonheidskompetisie in...

Eksamenbedrog: 32 vraestelle kry voete

15 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht'n Reuse-terugslag vir die on­skuldige kandidate wat 'n kans gestaan het om die eksamen met vlieënde vaandels te slaag. Dit was die algemene gevoel...

Houtskoolbedryf uit miljoene bedrieg

15 ure gelede | Misdaad

Nuusredaksie‘n Vermeende sindikaat wat glo met die depositogeld van Suid-Afrikaanse kopers vir Namibiese hout- en houtskoolvragte verdwyn, bosboupermitte vervals en na bewering die bedryf met...

LPM neem hoofstad se leisels oor

15 ure gelede | Regering

Sade Gawanas, Windhoek-burgemeester; “Windhoek verdien net die beste van almal.”;

Weer vir 2 Desember 2021

15 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderbuie in die noorde, ooste en suidooste. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm met...

Meer as N$200 m. jaarliks vir ARV’s

15 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtSowat 8,3% van die Namibiese bevolking is MIV-positief, met meer as 93% van volwassenes en 81% van kinders wat kwalifiseer om antiretrovirale behandeling te...

Florin soek sy vryheid

15 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith - Die aansoek waarin Thomas Adolf Florin (54), na wie destyds as die slagter van Swakopmund verwys is, poog om ná byna 22...

Mediavakbond ontvang opleiding

15 ure gelede | Arbeid

Augetto Graig Die direkteur van die Internasionale Federasie van Joernaliste (IFJ) se Afrika-kantoor, mnr. Pa Louis Thomasi, het verlede Vrydag en Saterdag ’n slypskool saam...