Lang toue vir reispermitte

02 July 2021 | Regering
Henriette Lamprecht – Lang toue mense het gister by polisiekantore en selfs regeringskantore gevorm waar mense permitte wou hê om uit die verskillende beperkte sones te kan reis.

Sulke tonele is in weerwil van die regering se poging om juis reis tussen streke te beperk om oordrag van Covid-19 midde die derde golf te beperk. Duidelike beperkings word geplaas om dit te verhoed, met reise wat grootliks beperk word tot onder meer die lewering van noodsaaklike dienste en die bywoning van ’n begrafnis deur ’n nabye familielid.

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het in sy aankondiging oor die nuwe regulasies Woensdag beklemtoon die beperking op beweging geld vir die hele land.

Permitte om beperkte sones te verlaat, mag uitgegee word deur persone en beamptes soos goedgekeur deur die minister in terme van die wet op openbare gesondheid.

Uitreikingspunte sluit in polisiebeamptes (stasiebevelvoerder of hoër rang, of soos aangewys deur die inspekteur-generaal van die Namibiese Polisie); uitvoerende direkteure, streeksdirekteure of personeel soos aangewys deur die volgende kantore, ministeries of agentskappe naamlik landbou, water en grondhervorming; verdediging en veteranesake; onderwys, kuns en kultuur; omgewing, toerisme en bosbou; gesondheid en maatskaplike dienste; hoër onderrig, tegnologie en innovering; industrialisasie en handel sowel as die Namibië Sentrale Intelligensie-agentskap.

Volgens Shangula met werkgewers binne die beperkte sone goedkeuringsbriewe aan werknemers uitreik wat noodsaaklike dienste tydens die aandklokreël verrig.

Namibië is vir dié doel tans in tien sones verdeel, naamlik Zambezi (1), Kavango-Oos en -Wes (2), Ohangwena, Oshikoto en Oshana (3), Omusati (4), Otjozondjupa en Omaheke uitgesluit Rehoboth en Okahandja (5), Khomas (6), Erongo (7), ||Kharas (8), Hardap uitgesluit Rehoboth (9) en Kunene (10).

Volgens die nuwe regulasies soos dit in die Staatskoerant verskyn, mag ’n persoon slegs ’n sone verlaat of binnegaan as jy:

• ’n inwoner is en terugkeer van een sone na ’n ander ;

• ’n inwoner van ’n sone is, maar dit verlaat om terug te keer waar jy woon in ’n ander sone ;

• met die doel om kritieke dienste te lewer of noodsaaklike goedere te lewer ;

• om noodsaaklike mediese behandeling te ontvang ;

• vir die begrafnis van ’n nabye familielid of afhanklike ;

• die vervoer van menslike oorskot vir begrafnisdoeleindes ;

• om ’n nabye familielid of afhanklike te besoek wat siek is ;

• ’n toeris met ’n negatiewe PCR-toets wat die land of ’n sone binnegaan of verlaat vir reisdoeleindes of enige ander noodsituasie wat deur ’n goedgekeurde persoon voldoende geag word.

Die regulasies maan ’n persoon moet ’n permit van ’n goedgekeurde persoon kry om ’n sone te verlaat of binne te gaan. Dit beklemtoon ook ’n polisiebeampte mag aan ’n persoon wat moontlik die regulasies oortree, opdrag gee om sy reis te stop. Sou hy of sy dit nie doen nie, is dit ’n strafbare oortreding.

Intussen het die ministerie van onderwys, kuns en kultuur by monde van sy uitvoerende direkteur, me. Sanet Steenkamp, gesê leerlinge mag na hul huise of ná die skoolvakansie na skole terugkeer, indien hulle ’n reispermit het wat deur die betrokke skoolhoof of inspekteur uitgereik is.

Streekskantore mag slegs permitte uitreik wanneer hulle ’n bewys het dat die leerling by die betrokke skool ingeskryf is (brief van skoolhoof met skool se stempel). Dié brief moet ook die permit vergesel.

Sou voogde of ouers moet reis om ’n kind in ’n ander sone te gaan haal, moet die identiteitsdokument van die ouer of voog, sowel as bewys van voogdyskap ingedien word. Sou ’n ouer of voog nie self die kind gaan haal nie, moet die identiteit van die persoon wat die persoon gaan haal die permit vergesel.

Dieselfde reëls geld vir personeel wat na hul onderskeie huise terugkeer en wat in besit moet wees van bewys van indiensneming by die ministerie.

[email protected]

Soortgelyk

 

Rundu in die donker

2 ure gelede | Energie

Inwoners van Rundu is sedert 10:00 vanoggend sonder krag. Volgens NamPower se areabestuurder vir die noordelike streek, mnr. Petrus Immanuel, is dit weens tegniese...

Amerika skenk 100 620 dosisse Pfizer

2 ure gelede | Gesondheid

Die Amerikaanse ambassade het vandag amptelik 100 620 dosisse Pfizer aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste oorhandig as deel van die land se...

Ernstige ongeluk tussen Grünau en Keetmanshoop

3 ure gelede | Ongelukke

'n Ernstige ongeluk het 80 km van Keetmanshoop in die rigting van Grünau plaasgevind. Noodpersoneel is op die toneel van die ongeluk wat by 'n...

Geen sterftes, 112 nuwe gevalle

3 ure gelede | Gesondheid

Geen nuwe Covid-sterftes is gister aangeteken nie, terwyl 112 nuwe gevalle, 'n positiewe koers van 8%, aangemeld is. Dit sluit 66 leerlinge, drie onderwysers en...

Kuier saam met Cassidy onder die sterre

4 ure gelede | Kuns en vermaak

By die Night Under the Stars (NUTS)-konsert wat op Vrydag 1 Oktober plaasvind, sal die plaaslike musikant Cassidy op die verhoog te sien wees. Dié...

Mariental-hospitaal kry suurstofaanleg

6 ure gelede | Gesondheid

Die Mariental-hospitaal het 'n skenking van N$7 miljoen van Namib Desert Diamonds (Namdia) ontvang. Die omgewingsvriendelike suurstofaanleg met 'n kapasiteit van 500 liter wat aan...

Kleuter sterf ná pot kookwater op hom val

7 ure gelede | Misdaad

'n Driejarige seuntjie van Mondesa, Swakopmund, is Sondag dood, nadat sy boetie (5) 'n pot kookwater op hom afgetrek het. Volgens die polisie in die...

Bordjies verhang in Duitse verkiesing

12 ure gelede | Internasionaal

Die Sosiaal-demokratiese Party (SPD) het volgens voorlopige uitslae gister se algemene verkiesing in Duitsland met 25,7% van die stemme gewen.Dit beteken egter nie mnr. Olaf...

Klein, maar getrain

19 ure gelede | Landbou

William Klazen junior (5) van Windhoek is gister aangewys as die beste kindertouleier by die Windhoek Skou in die afdeling vir nul tot ses jaar....