Landdros se kêrel vir veediefstal aangekeer

06 March 2018 | Howe
Ronelle Rademeyer - Dit het gegons op Karasburg toe drie mans verlede week in verband met die diefstal van kleinvee op 'n plaas in die omgewing aangekeer is en dit geblyk het een van die mans is die kêrel van die landdros op die dorp.

Die mans is na bewering tydens 'n nagtelike operasie deur die polisie in samewerking met plaaseienaars vasgetrek.

Mnr. Foreman Zaruuka, 'n werk­nemer van die Padkonstruksiemaatskappy (RCC), was glo agter die stuur van 'n bakkie van dié staatsonderneming toe die polisie toegeslaan het. Vyf skape en 'n bok is na bewering vasgebind in sakke agter op die bakkie gevind.

Sy medebeskuldigdes wat saam met hom op klagte van veediefstal moet antwoord, is mnre. Gerson Tjaveondja en William Platt.

Laasgenoemde is na bewering in 'n verhouding met me. Salome Bampton, die landdros op Karasburg. Op sy Facebook-blad is talle foto's van hulle twee saam.

Tjaveondja is glo werksaam op die plaas waar die ses stuks kleinvee na bewering vasgelê is.

Me. Yeukai Kangira, staatsaanklaer in die saak, het by navraag bevestig dat Bampton weens “'n botsing van belange” nie as die landdros in die saak kon optree nie.

Sy sê streekslanddros Sunsley Zisengwe is van Keetmanshoop af gestuur en die mans het op 27 Februarie voor hom verskyn. Die saak is tot 30 April vir verdere ondersoek uitgestel en hulle is borgtog geweier.

Volgens Kangira het Zaruuka en ­Tjaveondja reeds aangedui dat hulle formeel om borgtog gaan aansoek doen. Sy het in hierdie stadium nog nie 'n brief in dié verband van Platt ontvang nie.

Hy en Zaruuka het wel beide versoek dat regsverteenwoordigers vir hulle aangestel word.

Soortgelyk

 

Plastieksakke uit nasionale parke verban

13 ure gelede | Omgewing

Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het plastieksakke uit alle nasionale parke in die land verban. Die minister het gemaan geen...

Nampol-beamptes skuldig aan nalatigheid

14 ure gelede | Misdaad

Twee senior polisiebeamptes wat intern ondersoek is vir hul beweerde nalatigheid om betyds te reageer in ‘n saak waarin ‘n 18-jarige vyf familielede vroeër vanjaar...

Ollies les hul dors

23 ure gelede | In beeld

Namibiërs in die Zambezistreek kan vandag na verspreide donderbuie uitsien, terwyl dié elders in die binneland vir eers nog met enkele tot geïsoleerde buie tevrede...

Ekonomie: Hou sand uit wiele

23 ure gelede | Politiek

Ronelle Rademeyer Dubbele belasting, soos belasting op dividende en belasting op kapitaalwins is immoreel en gaan nié die ekonomie laat groei nie.'n Ekonomie is die...

PS'e binnekort nié permanent

23 ure gelede | Regering

Denver Kisting - As beplande wetgewing deurgevoer word, is PS’e binnekort nie meer “permanent” in die tuig nie.Hiernaas sal dié rekenpligtige beamptes van ministeries ook...

Gróót regshervorming binnekort op pad

23 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die werksaamhede van die land se howe word deur verskeie uitdagings gekortwiek.In die lig van hervorming wat die minister van justisie, mnr....

Ongelukke: Namibië 45ste op wêreldranglys

23 ure gelede | Ongelukke

Padongelukke kos Namibië jaarliks N$1,3 miljard en is die oorsaak van 3,76% van die land se totale sterftes.Dié skokkende syfers is Dinsdag namens die minister...

Weer vir 23 November 2018

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloe­dig warm in die ||Kharasstreek en die Weste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele...

Weer, Donderdag 22 November 2018

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie tot bloedig warm in die //Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees. Enkele donderbuie word in...