Landdros, aanklaer klim in kryt
Landdros, aanklaer klim in kryt

Landdros, aanklaer klim in kryt

Denver Kisting
1Denver Kisting



'n Voorval waartydens 'n aanklaer Vrydag aan min­agting skuldig bevind is, is besig om in 'n groter storm te ontaard.

Landdros Gerrit van Pletzen het Vrydagoggend vir mnr. Rowan van Wyk, 'n staatsaanklaer by die Windhoek-landdroshof, tot 30 dae tronkstraf gevonnis nadat hy hom aan min­agting van die hof skuldig bevind het.

Luidens die hofrekords van die verrigtinge het 'n woordewisseling tussen die twee mans ontstaan oor waar 'n bedrogdossier was.

Van Wyk het glo gesê die aanklaer-generaal se beslissing in die bedrog­saak, wat Vrydag op die hofrol was, is steeds nie beskikbaar nie.

Van Pletzen het glo toe gesê Van Wyk impliseer daarmee dat die dossier nog by die aanklaer-generaal se kantoor lê.

Van Wyk het dit ontken waarna Van Pletzen volgens die hofrekords gesê het: “Meneer, deur te sê die beslissing is nie beskikbaar nie, impliseer direk die dossier ís by die aanklaer-­generaal se kantoor en dat die vertraging daar lê. Ek wil niks verder hoor nie.”

Toe bars die bom met Van Wyk wat gesê het Van Pletzen beledig hom, waarna die landdros hom beveel het om niks verder kwyt te raak nie.

“Ek sal nie stilbly nie,” het Van Wyk glo voorts gereageer en verseg om stil te bly, waarna hy aan minagting skuldig bevind en 30 tronkstraf opgelê is.

Republikein verneem Van Wyk stem nie saam met wat die hof­rekords aandui werklik Vrydag in die hof gebeur het nie.

Daar word aangevoer Van Pletzen het vir hom gesê om sy bek te hou (“shut up”) en dít het hom sodanig gegrief dat hy die landdros glo ingelig het sy gedrag is disrespekvol en onprofessioneel.

Na wat verneem word, beplan 'n aantal aanklaers verbonde aan dié hof om Van Pletzen by die landdroste­kommissie te verkla omdat Vrydag se voorval na bewering geen geïsoleerde voorval is nie.

Van Pletzen het gistermiddag by navraag gesê Van Wyk lieg dat hy beveel is “om sy bek te hou”. “Ek het nooit vir hom gesê 'shut up' nie. Hy is 'n leuenaar.”

Toe Republikein hom oor die voorgenome klag teen hom inlig, het hy gesê: “Ag, laat hulle dit doen.”

Hy sê hy is keelvol daarvoor dat aanklaers die hof belieg wanneer hulle vra dat 'n saak opnuut uitgestel word. “Ek is onpopulêr omdat ek die enigste een is wat sê ek aanvaar dit nie.”

Trouens, sê hy, gaan hy vandeesweek sélf 'n ondersoek van stapel laat stuur oor aanklaers wat die howe onder wanindrukke bring.

Die staat het Vrydag reeds 'n prokureur aangestel om namens Van Wyk om borgtog aansoek te doen en 'n appèl namens die aanklaer teen die skuldigbevinding en vonnis te behartig.

Van Pletzen het hom toe hangende dié appèl, wat op Vrydag 27 Julie aangehoor sal word, op waarskuwing vrygelaat.

Van Wyk het gister aan Republikein gesê dit is die eerste voorval van só 'n aard waarby hy ingesleep word tydens die vyf jaar wat hy al aankla. “Ek het nog nooit so iets oorgekom nie.”

Wat hom betref, is sy bevoegdheid as aanklaer nog van krag en gaan hy vandag vir werk aanmeld.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.01/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.24% | Zinc US$ 2 852.90/T UP 1.65% | Brent Crude Oil US$ 87.60/BBP DOWN -0.0045 | Platinum US$ 908.34/OZ UP +0.69% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.01/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.24% | Zinc US$ 2 852.90/T UP 1.65% | Brent Crude Oil US$ 87.60/BBP DOWN -0.0045 | Platinum US$ 908.34/OZ UP +0.69%