Landbouministerie kelder TradePort se skaapplanne

Schlettwein se nee vir SA uitvoere via Walvisbaai

14 October 2021 | Ministeries
Ronelle Rademeyer



TradePort Namibia mag nie skape en bokke op die hoef uit Suid-Afrika invoer, en dan via die hawens by Lüderitz of Walvisbaai na lande in die Midde-Ooste en ander markte uitvoer nie.

Die minister van landbou, water en grondhervorming, mnr. Calle Schlettwein, sê in 'n brief aan EnviroLeap Consulting die uitbreking van bek-en-klouseer (BKS) in 2019 in Suid-Afrika en die daaropvolgende sluiting van Namibiese grense vir invoer van diere met gesplete hoewe, maak dié uitvoerplan deur die Namibiese hawens onmoontlik.

EnviroLeap is deur TradePort aangestel om die omgewingsimpakstudie te doen en die omgewingbestuursplan vir die lewende uitvoere op te stel.

Schlettwein verwys ook in die brief na skerp teenstand wat deur ver­skeie belangegroepe teen hierdie plan geopper is.

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) het vroeër sterk hierteen beswaar gemaak aangesien die toestande waaronder die kleinvee weke lank op see vervoer word, teen dierewelsynsreëls indruis.

Die DBV voer aan die uitvoerproses is wreed, veral weens die hitte­stres wat die skape en bokke ervaar wanneer hulle op see oor die ewenaar vervoer word.

Die uitvoer van vee op die hoef na die Midde-Ooste het die afgelope twee dekades geleidelik toegeneem, veral uit Europa en Australië.

The Guardian berig handel in lewende vee na Egipte, Israel, Jordanië, Koeweit, Libanon, Oman, Katar en Saoedi-Arabië het die afgelope 15 jaar skerp gestyg.

“In 2016 het Turkye vee ter waarde van US$600 miljoen lewend ingevoer. In 2017 het dit verdubbeld en tot US$1,2 miljard gestyg,” lui die berig.

Midde-Oosterse lande kan weens waterskaarste nie dieselfde hoeveelhede vee produseer as in ander wêrelddele nie, terwyl die vraag na vleis en suiwelprodukte toeneem, berig The Guardian.

Die rede waarom Moslem-lande die vee lewend invoer pleks van die vleis, is omdat dit binne hul geloofstradisie op die halaal-metode geslag moet word.

Mnr. Peter Stevenson, hoofbeleidsadviseur by die organisasie Compassion in World Farming, het aan dié Britse dagblad gesê hy het in sy loopbaan van 28 jaar “niks gesien wat so aaklig is as abattoirs in die Midde-Ooste nie”.

Ondersoek na ondersoek het vuil toestande ontbloot, tesame met min of geen kommer oor die welsyn van diere, swak ­opgeleide personeel en veral die praktyk van halaal-slagting. – [email protected]

Soortgelyk

 

Creativity and mental health: Where do we overstep

10 ure gelede | Gesondheid

Kalistu R Mukoroli, PR and brand strategistWe tend to preach about being creative, but isn’t this contributing to mental health issues? Creative people always push...

Tourism mogul driven by passion

10 ure gelede | Toerisme

Iréne-Mari van der Walt Part-owner of Swakop Cycle Tours Paul Ndjambula says despite his business being conceptualised during his time as an intern, it took...

Kalahari se water in die gedrang

10 ure gelede | Omgewing

Frank Steffen en Brigitte Weidlich – “Dit mag eenvoudig nie gebeur nie! Maak nie saak hoe jy uitloogproses benader nie, hierdie unieke kom sal onvermydelik...

Etosha se brand geblus

10 ure gelede |

Tanja Bause – Die veldbrand wat sedert Maandag in Etosha gewoed het, is eindelik gister onder beheer gekry. Volgens die woordvoerder van die ministerie van...

Professionele jagters se bewaringswerk

10 ure gelede | Toerisme

Emmanuel Koro, Johannesburg – Ná die verwoestende uitwerking van die Covid-19-pandemie op die Namibiese jag- en fotosafari-bedryf, het jagsyfers vanjaar ietwat verbeter. Terwyl sowat 5...

Jessica Ashley stel vandag enkelsnit vry

10 ure gelede | Byvoegsels

Die jong sangeres Jessica Ashley (Strydom) van Swakopmund stel vandag haar eerste enkelsnit – wat sy self geskryf het – vry. Die lied “Only 9”...

'n Liefdesgedig aan bedreigde spesies

10 ure gelede | Byvoegsels

Yandi du Plessis Wilde Kind se vollengte studio-album Omhanda is gister op alle stromingsplatforms uitgereik.“Omhanda” is die Oshiwambo-woord vir renoster. “Renosters is spesiaal vir Namibië...

Voortrekkers ná 90 jaar nog op koers

10 ure gelede | Byvoegsels

Die Windhoek-Schlengemann-kommando van die Namibiese Voortrekkers bied vanaand, in samewerking met Netwerk Namibië en Windhoek Afrikaanse Privaatskool, 'n plaaslike vertoning van die aanlyn konsert, Hou...

Learning through play

10 ure gelede | Gemeenskap

Mariselle StofbergStimuBox is an online store that produces and sells personalised sensory boxes. These boxes contain fun and simple, age-appropriate activities that help with the...