Landbouleiers bespreek droogtehulp met !Naruseb

Ryno van der Merwe: Mediaberigte verwarrend

14 June 2019 | Landbou
Ronelle Rademeyer - Landbouleiers van die unies wat kommersiële boere en opkomende kommersiële boere verteenwoordig het Woensdag met mnr. Alpheus !Naruseb, minister van landbou, water en bosbou, oor die verdeling van die beloofde N$573 miljoen se droogtehulp vergader.

Mnr. Ryno van der Merwe, president van die Namibië Landbou-unie (NLU), sê hy en die Namibië Opkomende Kommersiële Boere-unie (Necfu) se president, dr. Ndahafa Nghifindaka, het op 20 Mei aan !Naruseb geskryf en 'n vergadering versoek om antwoorde op ‘n klomp vrae te kry.

“Ons het gesê ons wil presies weet hoe die hulp toegeken gaan word. Dit is nooit direk aan ons as kommersiële boere gekommunikeer nie en wat ons in die media lees, is verwarrrend,” sê hy.

Dit sluit in onduidelikheid oor die beloofde N$31,3 miljoen as aansporing vir die bemarking van vee, huur van weiding en vervoerkoste. Volgens die NLU se interpretasie is N$25 miljoen vir noodbemarking beskikbaar, maar dit is 'n druppel aan die emmer.

Verder kan boere wat meer as ‘n sekere getal vee verkoop het, nie vir die voer- en leksubsidies in aanmerking kom nie.

Van der Merwe wou nie die fyner besonderhede bespreek van die inligting wat aan hulle verskaf is, aangesien !Naruseb onderneem het om ‘n nuusverklaring daaroor uit te reik.

“Wat wel insiggewend was, is dat die regering nog N$271 miljoen van die beloofde bedrag kortkom,” sê hy. Met die aankondiging van die droogtehulp is dit nie so uitgespel nie.

Die regering se latere voorstel oor ‘n vrywillige, eenmalige 2%-bydrae deur belastingbetalers van hul maandelikse inkomste om die tekort aan te vul, het ‘n storm onder Namibiërs ontketen.

Verskeie lande het reeds geld en voedselhulp gegee of beloof nadat pres. Hage Geingob in Mei ‘n noodtoestand afgekondig het.

Vanjaar se droogte word as die ergste in menseheugenis beskou – veral omdat weidingstoestande landswyd haglik is. Alle landboubedrywe buiten houtskoolproduksie steier onder die impak.

Soortgelyk

 

Man vas oor lewende ietermagô

13 ure gelede | Misdaad

'n Man is Donderdag by 'n vulstasie op Okahandja glo met 'n lewende ietermagô in sy besit in hegtenis geneem. Volgens die woordvoerder van...

Polisieman skiet eks glo

15 ure gelede | Misdaad

'n Polisiebeampte sal Maandag in Walvisbaaise landdroshof op klagte van poging tot moord verskyn ná hy gister glo sy eksmeisie met sy dienspistool geskiet het....

Specialising in skin

1 dag gelede | Gesondheid

Dr Elisah Agaba is a consultant dermatologist at the Ongwediva Medipark university teaching hospital.He is also a senior adjunct lecturer of dermatology at the University...

Resessie slag Namibië

1 dag gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy – Net sowat N$25,5 miljard teen bestendige pryse het die afgelope kwartaal deur die Namibiese ekonomie gevloei – die minste in vyf jaar.Syfers...

Getuie sê Dippenaar het gejaag

1 dag gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die saak teen die moordbeskuldigde mnr. Jandré Dippenaar is tot volgende jaar uitgestel.Woensdag het die laaste staatsgetuie in die streekhof op Swakopmund...

Wateraanleg staan twee weke stil

1 dag gelede | Regering

Elvira Hattingh – Windhoek kon vir langer as twee weke geen drinkwater uit rioolwater herwin nie – hoofsaaklik omdat daar te veel chemikalieë, vette, olies...

Kalender 20 September

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Culture Invasion Festival skop vandag by die sportterrein op Rundu af. Tydens die twee dae lange fees sal verskillende kunstenaars...

Weer vir 20 September 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie warm in die sentrale Noorde en Noordooste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm wees.KUS: Bewolk en koel tot...

Jol in Japan

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg Japan is een van daai lande waaroor mense praat. Nie noodwendig die heeltyd nie. Maar in baie gesprekke, veral om die...