Landbouleiers bespreek droogtehulp met !Naruseb
Landbouleiers bespreek droogtehulp met !Naruseb

Landbouleiers bespreek droogtehulp met !Naruseb

Geörganiseerde landbou het met dié bedryf se minister hul verwarring oor die verdeling van droogtehulp bespreek.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Landbouleiers van die unies wat kommersiële boere en opkomende kommersiële boere verteenwoordig het gister met mnr. Alpheus !Naruseb, minister van landbou, water en bosbou, oor die verdeling van die beloofde N$573 miljoen se droogtehulp vergader.

Mnr. Ryno van der Merwe, president van die Namibië Landbou-unie (NLU), sê hy en die Namibië Opkomende Kommersiële Boere-unie (Necfu) se president, dr. Ndahafa Nghifindaka, het op 20 Mei aan !Naruseb geskryf om antwoorde op ‘n klomp vrae te kry.

“Ons het gesê ons wil presies weet hoe die hulp toegeken gaan word. Dit is nooit direk aan ons as kommersiële boere gekommunikeer nie en wat ons in die media lees, is verwarrrend,” sê hy.

Dit sluit in onduidelikheid oor die beloofde N$31,3 miljoen as aansporing vir die bemarking van vee, huur van weiding en vervoerkoste. Volgens die NLU se interpretasie is N$25 miljoen vir noodbemarking beskikbaar, maar dit is 'n druppel aan die emmer.

Verder kan boere wat meer as ‘n sekere getal vee verkoop het, nie vir die voer- en leksubsidies in aanmerking kom nie.

Van der Merwe wou nie gister die fyner besonderhede van die vergadering bespreek nie, aangesien !Naruseb onderneem het om ‘n nuusverklaring met die fyner besonderhede uit te reik.

“Wat wel insiggewend was, is dat die regering nog N$271 miljoen van die beloofde bedrag kortkom,” sê hy. Met die aankondiging van die droogtehulp is dit nie so uitgespel nie.

Die regering se latere voorstel oor ‘n vrywillige, eenmalige 2%-bydrae deur belastingbetalers van hul maandelikse inkomste om die tekort aan te vul, het ‘n storm onder Namibiërs ontketen.

Verskeie lande het reeds geld en voedselhulp gegee of beloof nadat pres. Hage Geingob in Mei ‘n noodtoestand afgekondig het.

Vanjaar se droogte word as die ergste in menseheugenis beskou – veral omdat weidingstoestande landswyd haglik is. Alle landboubedrywe buiten houtskoolproduksie steier onder die impak.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!