Landbougrond: Tameletjie of springbord na geleenthede

30 July 2019 | Landbou
Dr. Kobus Laubscher - Hoewel daar reeds wye bespiegelings was oor die inhoud van die lang verwagte verslag van die presidensiële adviespaneel oor grondhervorming in Suid-Afrika, bring die amptelike uitreiking daarvan in sekere opsigte klarigheid.

Reaksie is uiteenlopend en tekenend van die gapings ten opsigte van verwagtinge. Die vraag is of dit enigsins bydra of kan bydra tot oplossings.

Daar is sogenaamde middelgrond omdat sekere realiteite sedert die eerste aankondiging ten opsigte van beplande wysiging van die grondwet om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, die proses begin rig het. Die onteieningskwessie het baie politieke punte besorg en gekos tot en met die 2019- algemene verkiesing, net om daarna stoom te verloor. Die politieke rakleeftyd het grootliks verval en tyd vir ‘n realistiese siening het aangebreek.

Vanaf die eerste aankondiging van die voorgenome wysiging aan die grondwet tot die bekendmaking van die adviespaneel se verslag, was daar duidelike grondverskuiwings. Die noodsaak van herskikking van eienaarskap van grond is bevestig. Die klaaglike mislukking van halfgebakte projekte en die direkte en geleentheidskoste daarvan is nou algemene kennis.

Saam daarmee is daar eenstemmigheid dat die staat nie alleen die wa deur die drif gaan kry nie, maar dat die regering instrumenteel moet bly om die prosesse wetmatiglik deur te sien. Daar is kennis geneem van praktiese voorbeelde van hoe vennootskappe opkomende boere se inskakeling by kommersiële landbou versnel. Soveel so dat toonaangewende kommersiële boere deel geword het van die adviespaneel wat vorendag moes kom met voorstelle ten opsigte van regstellende en versnelde grondhervorming.

Dit is ook nou duideliker dat die meerderheid grondhonger burgers nie wil boer nie, maar net hulle eie stukkie grond wil hê om op te bly en sodoende ekwiteit te bou.

Vroeë aanduidings van tweespalt binne die advieskomitee was slegte nuus, veral as die redes daarvoor oordink is. Kommersiële boere wat deel is, het verskil ten opsigte van die benadering tot en die verrekening van meer alternatiewe, en dienooreenkomstig berig. Hulle het ‘n mandaat gehad en daarby gebly. Waar hulle siening aanvanklik geïgnoreer is of wou word, is daar tydens die bekendstelling van die finale verslag van die advieskomitee tog erkenning gegee aan die sogenaamde minderheidsiening. Vir baie dra hierdie dalk nie enige voldoende waarborge nie, maar daar is waarde.

Die minderheidsiening bevestig wat die meeste betrokkenes weet, naamlik dat kommersiële landbou se welwillendheid, kennis en vermoë om ‘n verskil te maak, daar is om te gebruik. Vir hulle is dit nie nodig om te wag vir die staat om tot behoorlike aksie oor te gaan nie. Hulle versoek is eintlik dat die staat nie in hul pad moet staan om die regte ding te doen nie.

Dit is egter ook nodig om begrip te hê vir die reikwydte van die strategiese bedoeling om grondhervorming te versnel en te laat werk. Derhalwe behoort die aanbevelings van die advieskomitee ten opsigte van grond wat onmiddellik sonder vergoeding onteien kan word, deeglik ter harte geneem te word. Hieronder tel miljoene hektare wat tans onder kommunale eienaarskap bedryf word.

Op praktiese vlak bly dit onverstaanbaar dat duisende hektare meentgrond nie optimaal en kommersieel benut kan word as kommersiële boere direk langs sulke grond winsgewend kan boer nie. Die hertoedeling van hierdie grond vir aanwending deur die regte “boere” gaan die staat lank besig hou. Daar is hierdie keer geen wegkomkans nie, want almal se oë, en veral dié van die media, is hierop gerig.

Die oordrag van titelaktes binne dorpsgebiede en die versnelling van nuwe uitbreidings met dienste in stedelike gebiede kan ook voorrang kry. Dié proses gaan ook vermoë tot die uiterste beproef en by gebrek daaraan, sal politieke spanning oplaai en breekpunt bereik. Met verloop van tyd en namate hierdie toedelings afgehandel word, sal groter realiteit inskop.

Sodoende kan boere hulle daarop toespits om volhoubaar veilige kos bekostigbaar te produseer.

Grondonteiening sonder vergoeding bly ‘n risiko, maar kan beslis afrangeer word. Daar is veel groter uitdagings ten opsigte van volhoubaarheid. In die lig hiervan is die volgende aanhaling van ene Guillermo del Torro dalk die kompas wat voorneme kan dryf: “Optimism is radical. It is the hard choice, the brave choice. And it is, it seems to me, most needed now in the face of despair – just as a car is most useful when you have a distance to close. Otherwise it is a large, unmovable object parked in the garage.”

Soortgelyk

 

Ster-Kersversierings

11 ure gelede | Kuns en vermaak

Maak dié maklike houtversierings vir jou Kersboom.Wat jy nodig het:gelamineerde-dennehoutplankgoue vinielpatroneaanspuitgomWoodoc Water-Borne FLOORWoodoc COLOURS in Clifton GreyhandwerkmessieskêrfiguursaagG-klampeskuurpapierboor met 8 mm-houtboorpuntlintSo maak jy:Hou die ster-patroon eenkant...

Nuwe voorsitter vir Nasionale Raad verkies

1 dag gelede | Regering

Die Nasionale Raad het vanoggend vir mnr. Bernard Sibalatani van die Zambezistreek as nuwe voorsitter verkies.Me. Victoria Kauma van Kavango-Oos is tot visevoorsitter verkies.Die leierskapsverkiesing...

Nóg ’n rommelklap

1 dag gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy – Nes die voortslepende resessie is Namibië se jongste rommelkrisis die gevolg van die regering wat verkies om na die “meer polities verteerbare”...

Yslander sidder oor Fishrot-skade

1 dag gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - ’n Bekende viswetenskaplike van Ysland wat met onafhanklikwording deur Swapo na Namibië genooi is om die visbedryf te help ontwikkel, sê hy...

Weer, Maandag 9 Desember 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met geïsoleerde donderbuie in die suidweste en noordooste.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm met reënbuie...

Damme kry eerste invloei

1 dag gelede | Weer

Elvira Hatting - Vrydagoggend het NamWater laat weet die Von Bachdam het water gekry. Teen 09:00 Vrydagoggend het 3,4 m³ water die dam elke sekonde...

STEMFEITE: DIE SUIDE

1 dag gelede | Politiek

Die Landless People's Movement (LPM) het ses kiesafdelings in die Hardap- en //Kharasstreke gewen.

Meer as 125 000 verlaat skool in 2017

1 dag gelede | Ministeries

’n Totaal van 44 245 leerlinge het in 2017 die skool verlaat, terwyl 125 394 hul skooljaar moes herhaal. Die meeste van die leerlinge wat...

Ekonomiese nood vuur selfdood aan

1 dag gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith - Nagenoeg 400 mense het tussen Januarie en September 2019 weens selfdood gesterf en kenners waarsku Namibië se ekonomiese krisis, ’n gebrek aan...