Landbou se pyn ook verbruiker s'n

10 January 2017 | Landbou
Vida Booysen



Droogte en gebrekkige staat­steun vir die kommersiële landbousektor tref nou die armste verbruikers se beursie.

Voeg daarby die onsekerheid oor Donald Trump se handelsbeleid en die impak op landbou-uitvoer, asook groeiende onsekerheid oor staatsbeleid en die gevaarligte begin flikker vir voedselsekerheid, waarsku 'n aantal landbou-ekonome.

“Dit bly 'n raaisel dat die regering nie verstaan dat ondersteuning aan kommersiële boere lei tot groter landbouproduksie en laer voedselpryse, wat die hele ekonomie en veral arm mense bevoordeel nie,” sê prof. Johan Willemse, landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat.

Dit volg op die pleidooi van Agri SA dat die regering moet ingryp met “daadwerklike finansiële hulp” aan droogtegeteisterde produsente en sy kommer uitgespreek het oor die humanitêre impak van die droogte op boere en hul werkers, asook hul vermoë om te oorleef.

Willemse wys op die daling in plantvoornemens in Suid-Afrika vir vanjaar wat tot 'n kleiner somergraanoes sal lei.

“Dus duur die invoer van graan en oliesade voort en dit beteken ook duurder pryse wat weer wyer uitkring in die ekonomie.”

Die landbousektor is die sleutel tot die langtermynontwikkeling van die Suid-Afrikaanse ekonomie, sê Hamlet Hlomendlini, Agri SA se senior ekonoom.

Hy wys daarop dat die ekonomie met slegs 0,2% in die derde kwartaal gegroei het en landbou se bydrae weens die droogte vir die sewende opeenvolgende kwartaal gedaal het.

“Die impak van die droogte op die landbousektor rem die hele ekonomie terug, gegewe die skakeling wat landbou met ander sektore het.”

Dis nie net boere wat produksieverliese ly nie, maar ook alle rolspelers wat sake doen met hulle en uiteindelik ook die verbruiker self, waarsku Hlomendlini.

“Landbou-uitvoer het aanmerklik afgeneem, voedselinflasie spring aanhoudend bokant die teikenband en voedselpryse hou net aan styg – gevolglik groei die ekonomie traag en is daar groter druk op die staatskas.”

Hiermee stem dr. Kobus Laubscher, onafhanklike landbou-ekonoom van Bloemfontein, saam.

“Die slegte nuus is dat inflasiedruk kan toeneem, veral in die laer inkomstegroepe waar die afhanklikheid van veral stapelvoedsel soos mieliemeel en brood skerp stygings getoon het vanaf reeds hoë prysvlakke.”

Hy wys op die Nasionale Landbou-bemarkingsraad (NLBR) se jongste verslag oor voedselpryse wat aandui dat die armste deel van die Suid-Afrikaanse bevolking in Oktober vanjaar 55,6% van hul besteebare inkomste aan voedsel bestee het, terwyl dit 'n jaar gelede 49,6% was.

“Die armste deel van die bevolking het geen vooruitsig op 'n keuse van kos vir Kersfees nie. Hulle sal moet eet wat hulle kan bekostig en dit is redelik om te verwag dat huishoudelike voedselonsekerheid gaan toeneem.”

Indien dit wel voldoende reën hierdie somer, behoort voedselpryse af te plat, maar dit kan dalk eers teen die tweede of derde kwartaal van volgende jaar gebeur, sê Hlomendlini.

“Dit sal heelwat verligting vir die verbruiker bring, maar die ekonomie is steeds weerloos teen internasionale skokke soos stygende oliepryse en moontlike beleidsveranderings onder die Trump-administrasie in die VSA.”

Hlomendlini waarsku dat die inkomende administrasie heel waar­skynlik 'n handelsbeleid sal bevorder wat meer beskermend teenoor die VSA is en minder gunstig vir ontluikende markte.

“Dit is byvoorbeeld onseker wat sal gebeur indien Trump, soos vereis, die Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa) onder hersiening neem.”

– Netwerk24

Soortgelyk

 

Mnangagwa gesels oor sy planne met Zimbabwe

6 ure gelede | Afrika

Die nuwe Zimbabwiese president mnr. Emmerson Mnangagwa het vanoggend tydens sy besoek aan Namibië by Staatshuis oor sy planne vir dié land gepraat.Hy het gesê...

Oudminister Rosalia Nghidinwa sterf

11 ure gelede | Mense

Die voormalige minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, me. Rosalia Nghidinwa, is Sondagaand omstreeks 23:00 in 'n Windhoekse hopsitaal dood, berig Nampa.Sy is van 'n hospitaal...

Trump ‘n walgwors, sê Nam

21 ure gelede | Plaaslik

Augetto Graig – Namibië het met “walging en besorgheid” kennis geneem van pres. Donald Trump van Amerika se beweerde verwysing na Afrikalande as ‘n “sh*thole”.“Sulke...

Dors dwing Reho om water te 'plant'

21 ure gelede | Regering

Dis elke tweede, derde dag so, talle kere per week. - Hildred van Wyk, inwoner

Weer, Maandag 15 Januarie 2018

21 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees. Enkele donderbuie word in die Noorde...

Dwelmnes op Omaruru oopgekrap

21 ure gelede | Misdaad

Die polisie het Vrydag ‘n 24-jarige man in Obasenstraat op Omaruru in hegtenis geneem nadat hy met ‘n spul dwelms betrap is. In sy besit...

Windhoek móét steeds water bespaar

21 ure gelede | Plaaslik

Jana-Mari Smith - Windhoek se waterowerhede is tevrede met die lae watergebruik tydens die vakansieseisoen, maar vra dat inwoners steeds by die besparingsteiken van...

Oktober-Desember se reëns vergelyk swak

21 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Dit blyk uit plaaslike reënsyfers dat die groter dele van die land tot dusver swakker as gewoonlik reënval tussen Oktober en Desember...

Laaste kans om in te skryf

21 ure gelede | Onderwys

Meer as 100 inskrywings is reeds ontvang in Shoprite Checkers se fotokompetisie vir graad 1-leerlinge wat vanjaar met hul skoolloopbane begin het.Inskrywings sluit vanaand om...