Landbou moet nie nou in gemaksone verval

22 September 2020 | Landbou
Dr. Kobus Laubscher



Een van die grootste moontlike risiko's wat kan kop uitsteek noudat Covid-19 beter bestuur word en as sodanig onder beheer blyk te wees, is traagheid om verder aan te pas.

Dis gemene saak daar is 'n nuwe normaal aan die orde wat vanuit verskillende hoeke verduidelik kan word. Die uitdaging is egter om die tempo waarteen aanpassings tydens die pandemie gemaak moes word, vol te hou deur onder meer te keer dat almal weer terugval in die gemaksone van “sake soos altyd”. In hierdie verband is daar 'n traagheid by veral beleidmakers om in pas te bly met veranderings die afgelope vyf maande en te wil terugval op planne wat voor die pandemie aan die orde was. Dit geld landbou in besonder.

Dit is egter nie net die openbare landbousektor wat slagoffer kan bly nie; boere kan ook skuldig wees om die konvensionele te wil doen tensy primêre landbou nie anders hanteer word nie.

Gedurende die pandemie was daar deurlopend veilige en bekostigbare kos. Dit is so dat die jongste statistiek toon kosinflasie het meer gestyg as normale inflasie en dat dié toedrag van sake genoem word as een van die drywers van hoër inflasie.

Die vraag is egter wat by die plaashek gebeur het in terme van pryse. Indien die jongste verloop van die sogenaamde bemarkingsmarge geëvalueer word, wys die afname van die produsente-aandeel in die verbruikersrand op die negatiewe impak van die transaksiekoste tussen plaashek en die verbruiker, want in baie gevalle het die bemarkingsmarge gestyg.

Hierdie tendense is nie vreemd vir die landbou nie en boere werk baie kreatief daarom. Kenners is dit egter eens dat volhoubaarheid 'n funksie is van die spoed waarteen aangepas word.

Vir boere bly beleidsonsekerheid 'n kwessie, maar terselfdertyd moet hulle in pas bly met veranderde verbruikspatrone. Die veerkragtigheid waarmee voorsieningskettings tydens die pandemie aangepas het, getuig van 'n unieke verstaan van die uitdagings.

Ongelukkig is daar bewyse van beleidsblokke wat negatief ingewerk het op wat die landbou eintlik kon lewer en bydra. Die “nuwe” plaas gaan 'n ander appèl hê op die menslike hulpbronvermoë. Bo en behalwe noodsaaklike aanpassings by produksie, is daar nuwe voldoeningsvoorwaardes van toepassing anderkant die plaashek.



'TEEN DIE SPOED VAN RELEVANSIE'

Hier sal die meerderheid primêre produsente hulle moet verlaat op die kollektiewe bedingingsmag van agrimaatskappye om enersyds verbruikersbehoeftes prysgewys doeltreffend ter herlei tot op plaasvlak. Andersyds is dit redelik as boere sou verwag dat afnemers strategies vlugvoetig en fiks is. Die nuwe normaal gaan dus aan almal binne die waardekettings van landbou nuwe vereistes stel en dit kan soos volg opgesom word aan die hand van 'n verslag van McKinsey & Co.

Die een oorhoofse positiewe uitkoms van die pandemie is die spoed waar­teen aangepas kon word. Veranderings wat in die verlede so lank geduur het dat dit as moontlike oplossings rakleeftyd ingeboet het, kon onder die druk van die pandemie vinnig en behendig gedoen word.

Rompslomp se geleentheidskoste het duidelik onbekostigbaar geword. Die nuwe normaal beklemtoon die noodsaaklikheid van spoed vir afhandeling, maar stuur tog nog weg van kortpaaie vat (ondeurdagte optrede).

Een kommentator verwys kennelik dat besluite geneem moet word teen die spoed van relevansie – hoe relevant 'n besluit is, is die nuwe direktief: ontleed en besluit op grond van uitkoms en impak, en verdiskonteer dit.

Die pandemie het saakmakende entiteite genoodsaak om tegnologie en data te omarm in die herontwerp van kernbesigheidprosesse binne 'n nuwe samewerkende orde sodat tegnologie en mense anders verbind. Dit sal die pas aangee ten opsigte van nuwe besigheidsmodelle.

Gemeet aan hierdie norme, vaar landbou eintlik goed. Boere moet blywend ingestel wees op nuwe tegnologie. Wat nuwe vaardighede gaan verg, is hoe om mense en tegnologie optimaal te koppel.

Die landbou funksioneer egter nie in 'n vakuum nie en die eksterne omgewing behoort by te dra tot groter vaartbelyning van die sektor as die boere werk aan die herontplooiing van talent op plaasvlak. Andersyds moet boere ook anders dink en doen ten opsigte van mannekrag op sy plaas. Nuwe besigheidsmodelle sal aan die orde wees. Landbou is weliswaar tegnologieleiers, maar meer sal gedoen moet word om die vaardigheid van plaaswerkers en die boer beter te belyn.

Die pandemie het gelei tot “meer met minder” en dit bly die aangewese pad vir die landbou. Die implementering van tegnologie sal dit aanvul, maar boere sal 'n duidelike vernuwingstrategie ten opsigte van tegnologie moet hê.

Net so sal verbeterde tegnologiese toepassings nuwe produkontwikkeling aanhelp, maar met klem op 'n wyer netwerk ter wille van beter koördinering.

Soortgelyk

 

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

10 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

10 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

10 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

10 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

10 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

10 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

10 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...

Duitsland steun nasionale parke

10 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergNóg 'n mylpaal is vir omgewingsbewaring behaal met die Duitse regering deur KfW wat sedert 2006 sowat N$1,4 miljard (75,5 euro) in Namibiese nasionale...