‘Landbou moet minder op reën staatmaak’
‘n Kenner meen die skrif is aan die muur vir “ortodokse” maniere van boer in Namibië terwyl reën al skaarser raak.
Elvira Hattingh - Namibiese landbouprodusente moet wegbeweeg van vee en gewasse sodat hulle minder afhanklik van reën is.
Nuwe sektore en waardekettings, soos die biomassasektor wat die produksie van onder meer boskos, houtskerwe en houtskool insluit, is waarskynlik die toekoms in ‘n land wat weens klimaatsverandering al droër kan word.
Só het mnr. Vehaka Tjimune, senior beleidsraadgewer by die Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit (Giz) gister tydens die Landbouvooruitskouiingskonferensie in Windhoek gesê.
Die tema van die konferensie was “Heropbouing ná die droogte”.
“Wie het gesê Namibië moet slegs beesvleis produseer en net wanneer ons beesvleis het, is ons landbousektor lewensvatbaar?
“Ons doen wat ons ouers gedoen het. Dalk het dit tyd geword om die pioniers vir hul goeie werk te bedank, maar miskien is dit nie óns toekoms nie. Ons moet onsself nie so inperk nie.
“Ek het ‘n teorie dat Namibië se status as ‘n netto-uitvoerder van vleis bedreig word. As ons voortgaan soos nou, gaan ons nie langer surplusbeesvleis vir uitvoere kan produseer nie.
“Die biomassasektor het, in die moeilikste tye oor die afgelope drie jaar, sowat 6 000 werksgeleenthede geskep. Boskos het tussen 3 000 en 4 000 bykomende werksgeleenthede geskep.
“Wys my enige ander sektor wat dieselfde in dié tye kon doen?”
Tjimune sê tydens die voorbereiding van sy voorlegging moes hy homself afvra of Namibië wel die einde van hierdie droogte gaan sien.
“Berei ons onsself nou voor asof dit gaan reën, of moet ons eerder voorberei asof hierdie die norm vir die toekoms gaan wees?” het Tjimune gesê.
REËN VERMINDER
Tjimune sê historiese reënsyfers vir Namibië wys daarop dat reën minder raak en reënpatrone verander. Hy het die ekoloog en omgewingswetenskaplike, dr. Chris Brown, aangehaal wat voorspel dat klimaatsverandering Namibië al droeër gaan maak, met die woestyn wat kan groter word.
Hiervolgens sal klimaatsverandering alleen daartoe lei dat Namibië teen 2045 sowat 9 miljoen ha vir grootveeboerderye verloor het, terwyl die getal teen 2065 op 18 miljoen ha sal staan.
“Die werklikheid is dat Namibië selfs vinniger droër raak as wat voorspel is,” het Tjimune gesê.
“Dit mag tydens die komende seisoen reën, maar wat van die medium en lang termyn?”
Brown se navorsing wys ook Namibië se inkomste uit vee stem sterk met jaarlikse reënsyfers ooreen.
“‘n Verandering van 1% in reënneerslae kom neer op ‘n verskil van 1,36% in inkomste uit die veesektor. Dit beteken 20% minder reën verlaag die inkomste met 27%. Dis nie lewensvatbaar nie,” het Tjimune gesê.
“Is lewendehawe-, gewas-, toerisme- en wildboerderye steeds ‘n veilige belegging, en vir hoe lank nog? Wat is ons herfinansieringsopsies as ons weet die volgende droogte sal weer ons bates uitput?
“Watter tipe toekoms beoog ons vir boerderye in Namibië? Ons kan nie op dieselfde ortodokse maniere probeer boer terwyl die omgewing drasties verander, en steeds beter resultate verwag nie.
“Aanpassing is die sleutel. Ons plaasondernemings moet minder afhanklik van reën en weiding wees en minder op ondergrondse water staatmaak.
“As ons van reën afhanklik is om ons van weiding te voorsien en die reën word al minder, hoe gaan ons plase vir die toekoms voorberei?”
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie