'Landbou gaan werk skep? Moenie laf wees nie'
'Landbou gaan werk skep? Moenie laf wees nie'

'Landbou gaan werk skep? Moenie laf wees nie'

Volgens 'n landbou-ekonoom is die huidige algemeen aanvaarde werkskeppingsvermoë van die landbou net so belaglik soos die bewering dat die landbou 'n miljoen werksgeleenthede kan skep.
Fanie Brink



Werksgeleenthede in die landbou sal oor die volgende dekade dramaties daal weens die abnormale uitvloei van arbeid.

Dit kan toegeskryf word aan die ­uiterste ekonomiese druk ­waaronder die landboubedryf gebuk gaan, die nuwe, ongekende tegnologiese ontwikkeling wat voortspruit uit die vierde nywerheidsrevolusie in die wêreld en die onteiening van grond sonder vergoeding.

Ek verskil van Agri SA se verklaring dat die landbou oor “enorme potensiaal beskik om werk te skep op voorwaarde dat die regering die landbou moet ondersteun” en omdat “Afrika se deure oopstaan vir Suid-­Afrikaanse landbouprodukte”.

Die huidige algemeen ­aanvaarde werkskeppingsvermoë van die landbou is net so belaglik soos die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) se bewering dat die landbou miljoen werksgeleenthede kan skep.

Die bevindings en aanbevelings van die NOP is ongetwyfeld een van die belangrikste redes waarom die ANC se beleid die ekonomie en die land totaal sal vernietig omdat dit op suiwer sosialistiese en kommunistiese leerstellinge geskoei is wat jare gelede totaal in die wêreld verwerp is.



AANBEVELINGS IRRELEVANT

Die aanbevelings van die NOP was in werklikheid nog altyd irrelevant en nooit toepasbaar nie omdat dit gegrond is op 'n ekonomiese groeiteiken van 4,5%. Dit is suiwer deur die kommissarisse van die Nasionale Beplanningskommissie wat dit geskryf het, uit hul duim gesuig.

Sedert die NOP geskryf is, was die groeikoers skaars 1% en die kans dat die ekonomie weer sal groei, is uiters skraal.

Die NOP het ook 'n voorwaarde gestel vir die werkskepping wat hulle uit die lug gegryp het: dat die uitvloei van arbeid uit die landbou sal afneem.

Hulle het nie die ontwikkeling van nuwe tegnologie in ag geneem nie, soos gevorderde rekenaars, sensors en robots wat reeds besig is om die landbou baie vinnig te verander en arbeid aansienlik sal verminder.

Hulle het nog minder die ongewenste gevolge van grondonteiening sonder vergoeding in ag geneem.



GRONDONTEIENING

Daar bestaan nie 'n moontlikheid dat die nuwe eienaars van die landbougrond wat onteien gaan word eens naastenby soveel arbeiders en hul families sal kan onderhou as kommersiële boere nie, wat nog te sê die voorsiening van gratis voedsel en behuising, mediese en vervoervoordele, asook onderwys en opleiding.

As die kommissarisse so slim was, sou hulle geweet het dat die ANC se ideologie – waardeur hy al die bates, potensiële ekonomiese groei en rykdom van die land wil herverdeel – die ekonomie totaal sal vernietig.

Die landbou se primêre doelwit is nie om werk te skep nie, maar om meer voedsel deur groter doeltreffendheid, winsgewendheid en volhoubaarheid met minder basiese hulpbronne en produksiefaktore soos grond, kapitaal, arbeid en bestuur te produseer om sodoende die ­finansiële oorlewing van boere, voedselsekerheid vir die land en die landbou se bydrae tot ­ekonomiese groei te ­verseker.

Daar bestaan gevolglik geen gronde waarop die president van die land sy aansprake kan grond dat die landbou baie werksgeleenthede kan skep soos deur die NOP beweer is nie.

Feitlik alle politieke en landbou­leiers het al dekades gelede baie gereeld op elke vergadering gesê dat die “deure van Afrika oopstaan” vir die landbou, maar sedertdien het dit nog baie min voordele vir Suid-Afrikaanse landbouprodukte ­opgelewer. Selfs die Wêreldvoedsel­organisasie van die Verenigde Nasies en die groot internasionale skenkers wat die Afrika-lande van voedsel voorsien, koop feitlik geen landbouprodukte by Suid-Afrika nie, maar eerder by hul eie lande.

Afrika voer gemiddeld ongeveer R50 miljard se voedsel per jaar in wat deur internasionale skenkers gefinansier word, waarvan feitlik niks van Suid-Afrika af ingevoer word nie.

Suid-Afrika voorsien jaarliks net ongeveer 600 00 ton mielies van die totale verbruik van die 10,5 miljoen ton plaaslik geproduseerde mielies as die belangrikste stapelvoedsel aan sy onmiddellike buurlande ­Botswana, Lesotho, Namibië en Swaziland.

Alle oorskotmielies wat in Suid-­Afrika geproduseer word, word teen verliese na oorsese markte uitgevoer.



kommersiële landbou

Daar moet egter geen twyfel bestaan nie dat die ANC-regering nog nooit sedert 1994 die kommersiële landbou, wat 95% van die land se voedsel ­produseer, finansieel ondersteun het nie en slegs die kommersiële wit boere as kapitaliste en rassiste ­uitgemaak het.

Daarom behoort Agri SA eerder te probeer kyk hoeveel ­kommersiële boere op hul plase in produksie gehou kan om 'n ongekende uittog van ­duisende plaaswerkers uit die landbou te verminder en sonder om duisende klein swart bestaansboere en hul families in armoede te dompel.

• Fanie Brink is 'n onafhanklike ­landbou-ekonoom van Bothaville in die ­Vrystaat. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!