Landbou as vermenigvuldiger
Landbou as vermenigvuldiger

Landbou as vermenigvuldiger

Plaashekproduk brandstof vir waardeketting
Kobus Laubscher
Boere maak reg vir ‘n nuwe plantseisoen. Sentraal tot dié proses is ‘n hele aantal faktore, waarvan die insig en visie van die boer as entrepreneur uitstaan.

Lewendehaweprodusente se kalfseisoen het begin en as alles volgens plan verloop, is daar oor sewe maande bemarkbare speenkalwers.

Vir die buitestaander kan sulke besluitneming grens aan roekeloosheid, want hoe kan mens uitgawes en beleggings verbind tot ‘n proses van onseker uitkoms?

Van die vernaamste en onvoorspelbare veranderlikes is die meeste van ’n eksterne aard – reënval in terme van tydigheid en omvang asook die pryse van die produkte.

’n Legio ander veranderlikes werk weer in op pryse soos die wisselkoers, vraag en aanbod en mededingende produkte. Vir rooivleisprodusente is koopkrag en die pryse ene beskikbaarheid van vleissubstitute belangrik. Gesubsidieerde meganies ontbeende hoendervleis wat ingevoer word, ontwrig die binnelandse vraag en aanbod. Dit neem ’n deel van die vraag van rooivleis weg, maar dit plaas weer bekostigbare proteïen op die borde van die armstes van die armes. ’n Hoendervleisworsie verskil min in aansien van die ware Weense eweknie.

Binnelandse hoenderprodusente suip gelyklopend aan die agterspeen, want hulle is uitgelewer aan ‘n stel faktore wat grootliks buite hulle beheer is en waarvan té lae pryse die grootste sondebok is.

Die ironie van die saak is dat hulle moet meeding teen pryse wat nie noodwendig mededingend en/of markverwant is nie. Rooivleisprodusente is met reg ongelukkig wanneer sulke proteïenvervangers die land onder valse voorwendsels binnekom, maar moet andersyds toegee daar is meriete in die instandhouding van die verbruik van proteïen.

Ingevoerde hoender se impak strek verder as die verbruiker se bord, want dit ontwrig ook die binnelandse graanmark. Tegnies word ’n ander land se mielies en soja ingevoer en dit verswak die binnelandse vraag na dié produkte en groter aanbod druk binnelandse pryse af.

Die Suider-Afrikaanse graanmark is tans betekenisvol in die guns van die verbruiker vanweë goeie oeste in die verlede, maar ook betreklik goeie oesvooruitsigte vir die komende seisoen.

Voorlopige voorspellings dui op normale reënval en boere het reeds in dele van die graanprodusende gebiede met die nuwe plantseisoen begin. Verwagte plaashekpryse is ‘n afgeleide van verwagte vraag- en aanbodomstandighede en as dit van die boere afhang, behoort niemand honger te gaan slaap nie.

Prosesgewys verloop sake soos volg: Boere besluit op ‘n produksiestrategie en skep ‘n vraag na insette. Dié insette se pad na die plaas betrek ‘n legio ander ekonomiese aktiwiteite en deur hierdie aksies word waarde geskep. Elke dollar bestee aan insette skep ekonomiese aktiwiteite wat weer nuwe waarde toevoeg. So behels die besluit op kunsmis die skep van ‘n vraag na logistieke dienste, maar daar moet nie vergeet wat dit geverg het om die kunsmis óf in te voer, óf te vervaardig nie.

Kunsmis soos ander insette word in samewerking met die hulpbronne op die plaas en die bestuursbesluitneming omvorm to ‘n produk wat die plaashek verlaat. As sodanig is dié produk se waarde baie klein vergeleke met wat die verbruiker moet betaal.

Die som is eenvoudig, naamlik bepaal die prys van die mielieproduk per ton en vergelyk dit met wat die boer kan kry. In die meeste gevalle wil jy op jou rug val as dié som gemaak is, maar die waarde ná die plaashek is die vermenigvuldigereffek. Kortom dui dit op die waarde wat geskep word deur elke N$1 waarde wat die plaashek verlaat.

Dieselfde somme kan gemaak word ten opsigte van elke produk, maar die ironie is dat produsente geen beheer kan uitoefen op die prys ná die plaashek nie. Boere is grootliks prysnemers.

Hierin lê groot misverstande – bly die reën weg, kan die gesonke koste nie verhaal word nie. Kunsmis, saad en diesel in die vooroes-stadium, is verlore. Die koeie in kalf kan nie weer niedragtig gemaak word nie. Die boer is alleen verantwoordelik om die proses deur te sien en om met die aanvang van die volgende seisoen weer dieselfde uitdagings die hoof te bied.

Die verdere ironie is dat die omstandighede met inverse impak nie onveranderd bly nie.

Die produk wat die plaashek verlaat, is in alle wesentlik aspekte die brandstof vir die landbouwaardeketting vanweë die betekenisvolle vermenigvuldigers soos hierbo verduidelik is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.89 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.15 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.04/OZ DOWN -0.0004 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.84% | Zinc US$ 2 841.40/T UP 0.69% | Brent Crude Oil US$ 86.55/BBP DOWN -0.007 | Platinum US$ 926.75/OZ DOWN -0.0101 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.89 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.15 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.04/OZ DOWN -0.0004 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.84% | Zinc US$ 2 841.40/T UP 0.69% | Brent Crude Oil US$ 86.55/BBP DOWN -0.007 | Platinum US$ 926.75/OZ DOWN -0.0101