Land se bestes gee hul alles
Warm kompetisie is in verskeie items gesien.
Afgesien van die voorreg om die land se twee sensasionele tienerjarige naellopers Christine Mboma en Beatrice Masilingi in aksie te sien, het toeskouers verskeie ander hoogtepunte by die tweedaagse nasionale kampioenskap van Atletiek Namibië Saterdag en Sondag beleef.
Regstreekse videostroom was beskikbaar vir kykers op enige plek wat nie daar kon wees nie, terwyl 'n goeie bywoning op die pawiljoen ook vir 'n lekker gees van ondersteuning te midde van sosiale afstand gesorg het.
Wêreldatletiek het intussen sy webblad op datum gebring om die 17-jarige Christine Mboma se merkwaardige 49.22 in Saterdag se 400 meter-finaal amptelik as die vinnigste tyd ter wêreld sover vanjaar te erken – vir onder 18's, o.20's én seniors.
Mboma se tyd oortref ook die o.20-wêreldrekord wat sy die vorige naweek op skouspelagtige wyse in Lusaka by die destydse Oos-Duitser Brit Greuer oorgeneem het. Die 49.22 is ook die nuwe Namibiese senior nasionale rekord.
Mboma, Masilingi, Ané Rautenbach en die 100-kampioen Jolene Jacobs het ook Sondagmiddag ter afsluiting saamgespan om die 4x100 aflosrekord tot 44.77 sekondes te laat krimp.
Vroeër het sterk windmetings van agter verhinder dat blitsige vertonings deur Jacobs in die 100 meter (11.35) en Masilingi in die 200 (22.38) die amptelike nuwe inskrywings in die nasionale rekordboek kon word.
Geniet hiernaas 'n fotobeeld van ons twee sportfotograwe, Tielman van Lill en Andrew Poolman.
FOTO’s
Jolene Jacobs (Windhoek Gim) is opnuut die nasionale kampioen in die 100 meter, voor Ané Rautenbach van QSB. In haar uitdun was Jacobs ’n volle halfsekonde vinniger as in die finaal.
Gilbert Hainuca (NUST) moes weens ’n pynlike dyspierbesering briek trap in die mans 100-finaal en Ernst Narib het voortgestoom vir sy eerste nasionale titel in die kort naelloop. Hainuca was in sy uitdun die warmste met ’n loopbaanbeste, windgesteunde 10.14.
Die winderige Saterdag was vir hoogspringers ewe min gunstig as vir die naellopers. Emmanuel Samuntu (Unam) het op 1.95 meter gewen, dieselfde as Wencuslaus Klaasman (Nampol, tweede) wat egter op vroeër hoogtes die dwarslat laat val het.
Tuané Silver van Windhoek Gim-klub het in die gewigstoot (12.96 m) en diskusgooi (40.40 m) goud by die nasionale kampioenskap verwerf. Saam met haar op die diskus-podium is die Jenkins-susters van die suide, Chriselda (regs) en Bre-Anne.
Mahmad Bock (Unam) het in ’n spannende 400 meter net-net voor Ivan-Danny Geldenhuys (QSB) klaargemaak.
Vaino Ashuulu van Unam rek sy treë om in die 800-finaal voor Dawid Dam (Omaruru) te bly, wat toe reeds die 1500 ingepalm het.
Ludwig Huber van Grootfontein se beste in die spiesgooi (59.09 meter) was kort agter sy QSB-klubmaat en wenner Jasper Engelbrecht (agter, in blou) se 59.20.
Ivan-Danny Geldenhuys (links) is in die 400 hekkies hard gedruk voordat hy net-net teen sy QSB-klubmaat André Retief gewen het (53.49 teen 53.65).
Chrislene Klein-Nienaber (Swakop Striders) het die goud in die vroue hoogspring op 1.60 meter ingepalm.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie