Land juig oor Eagles se triomf
Die verhaal van Namibiese vasbyt, talent en deursettingsvermoë word weerspieël in die nasionale krieketspan se puik prestasie om vir die eerste keer sedert 2003 vir 'n wêreldtoernooi van die Internasionale Krieketraad te kwalifiseer. Die Eagles se sege eergisteraand teen Oman het hul plek in die T20 Wêreldbeker in Oktober 2020 in Australië verseker. JJ Smit (links) was die speler van die wedstryd met 'n vyftigtal van net 20 balle. Lees meer op ons sportbladsye. Foto Twitter (T20WorldCup)
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie