Land in u2018gees van duisternisu2019 gehul
Land in u2018gees van duisternisu2019 gehul

Land in ‘gees van duisternis’ gehul

Otis Finck
Otis Finck op Swakopmund – Die verdagte in die moord op me. Lindie Prinsloo (31), mnr. Ivan Pitt (29), is Saterdag in die Tamariskia-begraafplaas op Swakopmund begrawe.

Sy ma, me. Bridget Pitt, het gesê sy hoop die hele Namibië het iets uit dié tragedie geleer.

“Ons gemeenskap moet verenig. Ons moet ophou om vingers te wys. Ons moet mekaar respekteer en ander se gevoelens in ag neem. Niemand was teenwoordig nie en weet regtig wat gebeur het en tot die tragedie aanleiding gegee het nie. Ons moet alles in ons vermoë doen om te voorkom dat iets soortgelyk ooit weer gebeur,” het sy gesê.

“Ivan is en sal altyd my seun wees. Hy sou op 2 Desember 30 geword het,” het Bridget gesê.

Volgens haar het die polisie om verskoning gevra omdat hulle versuim het om Prinsloo se huis, waar sy verlede Vrydag vermoor is, behoorlik te deursoek.

Pitt se liggaam is Maandag in dié huis se motorhuis gevind.

Tydens ‘n kort seremonie Saterdag aan huis van die Pitts het mnr. Kilo Stoffel van die Independent Methodist Episcopal (IME) Church die familie getroos.

Hulle moet by Christus, wat kalmte oor die heersende storm kan bring, gaan skuiling soek, het Stoffel gesê.

Namibië is in ‘n gees van duisternis gehul, het mnr. Paul Behrendt, ‘n diaken van die St. Stefanus Katolieke kerk, tydens die begrafnisdiens gesê. Hy het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om te keer dat dit voortduur.

“Vriende en familie moet hom onthou soos hy was,” het wyle Pitt se niggie, me. Frederika Pitt, gesê.

“Hy was hardwerkend en altyd bereid om ‘n mens te help – ongeag wie die mens of wat die probleem was. Hy het regtig uit sy pad gegaan om mense te help,” het sy gesê.

Wyle Pitt se nabye familie, almal in blou T-hemde met ‘n foto van die oorledene op geklee, en ander ondersteuners het saam met die stoet na Pitt se graf gestap om hul laaste eer te betoon.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!