Land gerat vir Operasie Skoonmaak

16 May 2018 | Regering
Denver Kisting



Die staatshoof het gister met lede van die sakegemeenskap samesprekings by Staatshuis gevoer oor hoe hulle die regering se pogings aan die hand kan vat om die nasionale skoonmaakveldtog op 25 Mei 'n hupstoot te gee.

Hy sê hy gaan daardie dag sélf in Katutura moue oprol en help opruim.

Die goewerneur van Khomas, me. Laura McLeod-Katjirua, het gister gesê: “Ons is gereed – ons was nog die heeltyd reg.”

Sy sê die Windhoekse munisipaliteit se afvalbestuurafdeling sal help om die rommel te sorteer.

“Hoewel die bestryding van hepatitis E in Windhoek 'n onafhanklike veldtog is, sal die Afrikadag-verrigtinge “daardie pogings steun”, sê sy.

Volgens die permanente sekretaris in die minsiterie van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Mbeuta Ua-Ndjarakana, wil die regering veral die jeug aanmoedig om herwinningsinisiatiewe te gebruik om hulself ekonomies te bemagtig.

Mnr. Erginus Endjala, die Omusatigoewerneur, sê hulle gaan voortaan weier om gesondheidsertifikate en dranklisensies aan sjebeens in sy streek uit te reik wat nie gehoor gee aan die skoonmaakwekroep nie.

Talle kiesafdelings in sy streek het reeds verskeie skoonmaakpogings van stapel gestuur, sê hy.

Onder meer is ontbossingspogings reeds langs die hoofweë tussen ­Oshakati en Outapi en Oshakati en Okahao onderweg, sê hy.

“Ons neem dit baie ernstig op. Ek sal self daardie dag die grootste informele nedersetting by Outapi help skoonmaak.”

Tydens gistermiddag se vergadering by Staatshuis het die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, gesê hierdie gaan geen eenmalige veldtog wees nie.

“Ons moet seker maak Namibië word skoon gehou.”

Mnr. Jaco Venter, uitvoerende hoof van Plastic Packaging, het gesê die sakegemeenskap se skenking gaan uit 'n derde gewone vullissakke bestaan terwyl die res herwinningsakke sal wees.

Soortgelyk

 

Swaar reën, oosweer kom dalk môre

1 uur gelede | Omgewing

Swaar reën word vir môre op plekke oor die sentrale noorde, die Kunene-, Erongo-, westelike Otjozondjupa- en Khomasstreek voorspel, terwyl oosweer na verwagting vanaf môre...

'Barbaarse' olifantjag skaad Namibië se beeld

15 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting Namibië is opnuut internasio­naal in die sop nadat 'n video oor 'n wrede olifantjag die ­afgelope week aan die lig gekom het.'n Storm...

Elite hervestig, sê ontevrede aansoekers

15 ure gelede | Plaaslik

Catherine Sasman - Redes vir die ministerie van grondhervorming se besluit om die plase Felseneck (nr. 26) en Okanatjikuma (nr. 26) aan die beslote korporasie...

Utoni hou voet by stuk oor Rus

15 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer Die minister van grondhervor­ming, mnr. Utoni Nujoma, het Vrydagmiddag aan joernaliste herhaal wat hy die vorige middag aan parlementariërs gesê het, naamlik dat...

Huurbeheer binne drie weke ingestel

15 ure gelede | Plaaslik

Augetto Graig - Die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) sê hy het daarin geslaag om die regering tot die instel van huurbeheerrade te dwing.In huurordonnansie nommer 13...

Skole, koshuise is ‘kraamsale’

15 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Die enigste oplossing vir die terugbrenging van morele waardes en om tienerswangerskappe hok te slaan, is die herinstel van Bybelstudie by skole...

Streeksowerhede nou verantwoordelik vir waterverskaffing, sanitasie

15 ure gelede | Ministeries

Die ministerie van landbou, water en bosbou se waterverskaffing- en sanitasiekoördinasie-funksie sal voorts op streeksvlak hanteer word. Die funksies onder meer die identifisering van plekke...

Simataa bekommerd oor kubermisdaad

15 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Stanley Simataa, sê die prys van tegnologie is aanlyn misdaad.Hy het verlede week in die...

Namrights wil hof toe oor Olufuko

15 ure gelede | Misdaad

Catherine Sasman – Namrights is besig om hofstukke voor te berei om die herlewing van die Olufuko-fees en ander kulturele praktyke stop te sit, wat...