Land-A-Dollar samel duisende in
Land-A-Dollar samel duisende in

Land-A-Dollar samel duisende in

NAMPA
Die Land-A-Dollar-veldtog, wat in 2015 deur die Universiteit van Namibië (Unam) se studenteraad van stapel gestuur is, het N$234 619 ingesamel.

Die veldtog was daarop gemik om tussen N$1 miljoen en N$3 miljoen in te samel om tot die diens van grond in stedelike gebiede by te dra.

Organiseerders het Donderdag meer as 60% van dié bedrag aan die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling oorgedra, wat sowat N$140 779 behels.

Mnr. Samuel Ndahangwapo, ’n ouditeur van PricewaterhouseCoopers (PwC), het gesê 40%, oftewel N$93 813, het aan die veldtog se konsultasieagentskap, Easy Advertising, gegaan.

Ndahangwapo het verduidelik die ouditeursfirma is deur Unam betrek om toe te sien dat sake volgens wetlike prosedures verloop en om verslag daaroor te doen.

Hy het opgemerk PwC was nie by alle aspekte van die berekening van die ingesamelde geld betrokke nie, aangesien daar ook ander projekte was, wat insluit die invordering van donasies via 'n SMS-boodskaplyn wat N$3 per SMS gehef het, die oordrag van mobiele aansoeke, openbare gesprekke en galadinees.

“Die geld wat op verskillende dae in die teenwoordigheid van die Namibiese polisiemag getel is, was N$7 482 in kontant, en die oorblywende N$227 137 van die NamPost-bankrekening is op ander maniere versamel,” het hy gesê.

Sophia Shaningwa, minister van stedelike en landelike ontwikkeling, het dié projek aanvaar sodat die verantwoordelikheid en las van behuising, sówel as van stedelike grondvoorsiening, nie aan die regering alleen oorgelaat word nie.

Sy het gesê dit vereis gesamentlike pogings van beide die openbare en private sektore om die droom van voldoende bekostigbare behuising ’n werklikheid te maak.

“Hoewel onvoldoende en ongelyke toegang tot behuising en stedelike grond 'n uitdaging is, is dit duidelik die inisiatief bied die geleentheid vir eenheid en kollektiewe optrede, sówel as vir beleggings deur die regering, die private sektor en die hele gemeenskap," het Shaningwa gesê.

Die veldtog is van Augustus 2015 tot Februarie 2017 gevoer.

Meer as 300 leë dromme van 200 liter elk is by verskeie plekke op 15 dorpe geplaas om geld by die publiek in te samel.

Die tema van die veldtog was “Lê die fondasie vir jou huis”.

Die veldtog is onder toesig van die kantoor van Unam se studentedekaan gevoer in reaksie op president Hage Geingob se versoek dat Namibiërs die gronddiensprojek, wat in Julie 2015 by Goreangab se uitbreiding 4-nedersetting afgeskop het, ondersteun.

Die projek spruit uit 'n vergadering in Windhoek in Julie 2015 tussen die regering en die regstellende hervestigingsbeweging, waartydens ooreengekom is dat plaaslike owerhede landswyd grond sal identifiseer wat skoongemaak en gediens moet word vir behuisingsontwikkeling.

Die vergadering het 'n teiken van ongeveer 200 000 erwe gehad wat deur hierdie proses beskikbaar gestel moes word. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!