Lag Saam

17 May 2019 | Menings
Ons begin met ’n wysheid:

’n Eerlike politikus is een wat, as jy hom omgekoop het, omgekoop sal bly. – Simon Cameron

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van HermanH, uit Daily Groaner:

’n Man en sy vrou werk albei vir die sirkus. Hulle doen ’n menslike kanonkoeël-toertjie. Eendag loop die vrou weg met die leeutemmer. Die man is baie neerslagtig. Die nar vra hom toe wat hy nou gaan doen. “Dit is ’n ramp,” antwoord die man.

“Ek weet nie waar ek weer ’n vrou van haar kaliber gaan kry nie.”

* * *

En uit Laffaday:

Maak vir ’n man ’n vuur, en hy sal vir ’n dag warm wees. Steek ’n man aan

die brand, en hy sal vir die res van sy lewe warm wees. – Terry Pratchett

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Gesien op Facebook:

Julle moenie so kla omdat julle SMS'e van die DA kry nie. Ek het ’n “Please

Call Me” van die EFF gekry.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van RonaldR:

(Afrikaners: aanbelt = die deurklokkie lui)

Als er iemand aanbelt, doe ik altijd mijn jas aan, voor dat ik open doe. Bij minder leuk gezelschap zeg ik: “Sorry, ’k ga net weg.”

Bij leuk gezelschap zeg ik: “Wat leuk, ik kom net thuis.”

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Rodney Dangerfield-aanhalings uit goodreads.com:

* Toe ek klein was, het my ouers baie rondgetrek, maar ek het hulle altyd weer opgespoor. - Rodney Dangerfield

* Ek sê “nee” vir verdowingsmiddels. Wanneer iemand my vra vir ’n zol, sê ek: “Nee!”. - Rodney Dangerfield

Soortgelyk

 

B-dag: Maak of breek

8 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Dolleë staatskoffers eerder as hemelhoë besteding is waarskynlik finansminister Iipumbu Shiimi se grootste uitdaging wanneer hy vanmiddag Namibië se moeilikste begroting sedert...

Stigma jeens lorriedrywers kwel

8 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer en Francoise Steynberg – Lorriedrywers wat Namibië van noodsaaklike lewensmiddele voorsien en seker maak produkte bly op winkelrakke, bevind hulle terselfdertyd aan die...

‘Hongerpandemie’ lê vir wêreld op loer

8 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle RademeyerDie wêreld se ekonome en beleidmakers twyfel nie meer daaraan dat die wêreldekonomie weens die Covid-19-krisis in ’n resessie gedompel gaan word nie. Trouens,...

Weer vir 27 Mei 2020

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik, maar andersins gedeeltelik bewolk en matig in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en matig tot warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Polisie lê beslag op sestig bokse vol drank

8 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die Namibiese polisie het Maandag knap ná middernag in Pionierspark op 60 bokse drank beslag gelê.Drie verdagtes is in hegtenis geneem, het...

Chaos toe jonges op vulstasie afpyl

8 ure gelede | Ongelukke

Drie jong mans wie se name in dié stadium onbekend is, het op 23 Mei om 01:00 'n ongeluk by die Total-vulstasie in Outjo veroorsaak...

Stappe by Covid-drywer se stoppe

8 ure gelede | Gesondheid

Leandrea Louw en Denver Kisting – 'n Handelsbank op Walvisbaai wat 'n Covid-19-geval onlangs besoek het, sê hulle het die personeel van daardie dag vervang...

Etosha Sondagmiddag deur aardbewing geskud

8 ure gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer - ’n Aardbewing van 4,7 op die Richterskaal het Sondag om 16:42 in die Etosha nasionale park voorgekom.Me. Gloria Simubali, adjunk uitvoerende direkteur...

Medelye stroom in vir man wat aan Covid-19 sterf

8 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer – Medelye stroom glo in vir die familie van die Namibiër wat Saterdag in Nottingham, ­Engeland, aan die coronavirussiekte (Covid-19) dood is.Die minister...