Lag-lag die nuwe jaar in

Nam Comedy Circle, die bekende komiedegeleentheid, skop 27 Februarie om 19:30 vir 20:00 by die Hilton Kalabar af.

Die room van komedie het in 2018 behoorlik gewoeker, met Joh White, Mr. Slick, Ms. Sibo, Fernando, Chiro, Lileka en Courage wat hul plek op die verhoog gevestig het.

Erich, Mitch, Ritha, Jaana, Steve Biko, Lloyd en Janice is nuwelinge in die bedryf en staan aan die begin van ’n opwindende reis.

Courage Gondo het geen bekendstelling nodig nie. Weens die politieke onstabiliteit waar hy vandaan kom, moes hierdie gebore Zimbabwiër noodgedwonge ’n nuwe nasionaliteit aanneem.

Hy beskryf homself as ’n Nambabwean.

Courage gaan oor die hoogte- en laagtepunte van die onlangse fees- en vakansiedae gesels, wat insluit Menseregtedag, Kersfees, Nuwejaar en selfs Valententynsdag.

Hy gaan hom ook uitlaat oor Namibië en Zimbabwe se politieke laagtepunte verlede jaar.

Volgende aan die beurt is Erich Nepembe, wat ook as die “founding father” bekend staan, omdat hy dié komediereeks op 25 Julie verlede jaar geopen het.

Getrou aan sy titel beloof Erich om vryheid, geregtigheid en demokrasie in die vorm van ou en nuwe woordspelings na die Kalabar te bring.

As geoloog en woordspeler meen hy sy grappies rock.

Lloyd Zandberg is ’n professionele fotograaf en werk as kuns- en vermaakjoernalis.

Maar sodra die maan opkom en die verhoogligte aanskakel, verander hy in ’n gesoute komediant.

Lloyd is ’n gebore Namibiër wat in die Kaap grootgeword het en ná 22 jaar na Namibië teruggekeer het.

Hy neem wraak teen almal wat sy professionele lewe moeilik maak.

Hierdie jong man het vroeg in sy lewe reeds ’n emmerskoplys saamgestel en gaan dit met die gehoor deel.

Verder is “terug gym toe”, “die keer toe ek ’n galsteenoperasie moes kry” en “terug Namibië toe” deel van sy agenda vir die aand.

Nam Comedy Circle vind danksy die Hilton Hotel in Windhoek die laaste Woensdag van elke maand op die eerste vloer van die hotel plaas.

Dis ’n samekoms van komedie-aanhangers eerder as ’n blote show, en lede van die gehoor word aktief deel van die shows.

Mark Kariahuua, wie se komedie-stamboom langer as sy bene is, lei die geleentheid, en deel kommentaar links en regs uit.

Toegang tot Nam Comedy Circle is gratis, en dit begin stiptelik om 20:00. Uittreksels van vorige vertonings kan op YouTube onder Nam Comedy Circle gekyk word.

Vir verdere inligting, kontak Ernst Herma by 081 122 3709.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!