Lag jou warm

Karin Eloff
Die Hilton Kalabar kry homself hierdie week in rat vir die winter met gasverwarmers en seile wat aan die kante van die balkon af gespan word om ’n lekker snoesige ruimte te skep.

Kom geniet Nam Comedy Circle op 26 Junie met vars, nuwe grappies van Erich Nepembe, Clerance Claasen en Courage Gondo.

Courage is terug met ’n persoonlike en gewaagde interpretasie van gay mense in die Land van die Dapperes ná sy suksesvolle show by die Warehouse-teater genaamd The Courage to Stand Up.

Hy doen dit met geesdrif en ’n vonkel in die oog.

Hy benadruk sy show is ’n veilige ruimte vir mense van versklillende seksuele voorkeure om by betrokke te raak. Hy lewer ’n humoristiese, maar openhartige pleidooi namens die LGBT-gemeenskap en herinner die gehoor aan hul fundamentele regte en vryhede wat in die Grondwet verskans word.

In vergelyking hiermee is Erich se show redelik plat op die aarde. Letterlik. Miskien het dit iets te doen met die feit dat hy in werklikheid ’n geoloog is. Hy erken hy is verslaaf aan goeie punch lines.

Hy is terug met ’n slag – darem nie ’n weermagslag nie – en ondersoek die wetenskaplike verband tussen politici se ouderdom en hul vasklouery aan mag.

En dan die nar – Clerance bied vermaak op alle gebiede, hy’s onder meer hanswors, akteur en danser, en durf stand up-komedie per geleentheid aan.

Volgens hom laat die knypende ekonomie nie toe dat hy veel van ’n keuse het nie.

Hy het ’n (minder ernstige) teateragtergrond en sy twee groot mentors is Joseph Molapong en David Ndjavera wie se skuld dit volgens hom is dat hy nou in dié beroep vasgevang is.

Mark Karihuaa is die seremoniemeester en hou die bal aan die rol en maak seker almal is deel van die ervaring. Hy maak seker die gehoor vergeet watter rol komedie in die samelewing speel nie. Die aand eidndig met ’n partytjie en lekker pryse van die hotel, soos etes en die gebruik van die hotel se gym en swembad.

Die pret begin 20:00 en toegang is gratis.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!