Laerskool Brandberg sit pret terug in skoolgaan

‘n Laerskool op Uis is vir baie leerlinge ‘n tuiste weg van die huis.
ELIZABETH JOSEPH
Evany van Wyk

Laerskool Brandberg is geleë in Uis, ‘n baie klein dorpie in die Erongostreek.

Die skool is vernoem na die hoogste berg in Namibië wat sowat 12 km buite Uis geleë is.

32 onderwysers is tans verantwoordelik vir die 321 leerlinge by die skool.

Die skoolhoof, me. Lourencia Ganinas, vertel dat die skool daarop uit is om hul gemeenskap te dien. Brandberg se doel is dus om gehalte-onderrig te bied en sodoende produktiewe, verantwoordelike en gedissiplineerde individue in die land uit te stuur. “Ons by Brandberg streef met ons hele harte daarna om ‘n ferm basis vir kinders se onderrig te skep waarop hulle hul lewens kan bou,” het Ganinas gesê.

Volgens Ganinas is die skool uniek in die sin dat hulle ‘n tuiste weg van die huis is vir baie leerlinge wat dikwels uit moeilike omstandighede kom. “Daar is baie liefde en omgee by ons skool,” het Ganinas gesê. Die skool is nie net ‘n tuiste vir die kinders nie, maar ook vir die onderwysers. Me. Magdelena Afrikaaner is al vir meer as 30 jaar werksaam by die skool. Afrikaaner, wat op Uis gebore en getoë is, sê dat sy die gemeenskap se belange op die hart dra, vandaar haar besluit om so lank by die skool en in die dorpie aan te bly.

Soos by enige goeie skool, is daar by Laerskool Brandberg streng disiplinêre strukture in plek. Een so ‘n struktuur is die reflektiewe benadering waar leerlinge moet dink oor hul verkeerde dade. “Die leerling wat oortree het, moet dan ‘n plegtige belofte aflê om die oortreding te probeer regstel en ook om dit nie weer te doen nie,” verduidelik Ganinas.

Laerskool Brandberg het hierdie jaar twee interne leeskompetisies op hul skoolkalender. Die eerste kompetisie, vir graad 1 tot graad 3, het op 13 Junie plaasgevind en die tweede een is geskeduleer vir 25 Junie. Met die oog op holistiese ontwikkeling is daar ook kulturele aktiwiteite op die kalender soos hul kultuurdag op 21 Junie en ‘n koorkompetisie op 28 Junie. Mnr en Mej. Laerskool Brandberg gaan plaasvind op 26 Julie.

Urikhos Gladest, die hoofmeisie, het ‘n unieke siening van haar skool. Sy sê dat haar skool bewus is van hul diversiteit en ten spyte daarvan steeds een doelwit in sig het en dit is om die Namibiese kind se opvoeding te verseker. “Ek sien hierdie jaar uit daarna dat die kinders goeie punte sal behaal aan die einde van die jaar. Al wat ons moet doen, is hard werk en kophou,” meen Gladest. Die hoofseun, Tjiveze Santiago, beoog om hierdie jaar sy deel te doen om sy nalatenskap by die skool is verseker. “Hierdie jaar wil ek graag ‘n groentetuin vir die skool begin, in samewerking met die skool se voedingskema,” vertel Santiago trots. Die gedugte span van die leerlingraad wil ook meer doen vir die skool in terme van die omgewing en ‘n boomplanting-veldtog.

Volgens Clarentia Kharuchas, een van die Lewensvaardighede-onderwysers by die skool, is dwelmisbruik een van die grootse probleme wat hulle ervaar. “Ons probeer so veel as moontlik om die kinders te leer hoe om groepsdruk te weerstaan,” verduidelik Kharuchas. Dit blyk dat almal by die skool toegewy daaraan is om Laerskool Brandberg se naam hoog te hou, deur hard te werk en uitnemendheid op al die vlakke van onderrig toe te pas.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.95 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 207.29/OZ UP +0.76% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0042 | Zinc US$ 2 447.40/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 86.98/BBP UP +0.68% | Platinum US$ 905.24/OZ UP +1.16% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.95 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 207.29/OZ UP +0.76% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0042 | Zinc US$ 2 447.40/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 86.98/BBP UP +0.68% | Platinum US$ 905.24/OZ UP +1.16%