LAC ondersteun polisie in stryd teen stropery
LAC ondersteun polisie in stryd teen stropery

LAC ondersteun polisie in stryd teen stropery

Maria Eiseb
Maria Eiseb - Die Amerikaanse regering, deur middel van sy buro van internasionale narkotika- en wetstoepassing-aangeleenthede, en die Regshulpsentrum (LAC) het sowat N$30 miljoen en verskeie items aan die Namibiese polisie in sy stryd teen wildstropery geskenk.

Die items sluit onder meer vier digi­tale kameras, ses GPS-toestelle, dissekteringtoerusting, drie skootrekenaars, drie drukkers, vier metaalverklikkers en ses metaalaanwysers in.

Luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, hoof van die polisie, het tydens die oorhandiging gesê die skenking sal die polisie in die stryd teen stropery help.

Volgens Ndeitunga het die polisie se afdeling vir beskermende hulpbronne 'n groot verantwoordelikheid om die natuurlike hulpbronne van die land te beskerm.

Hy het voorts gesê sowat tien lede van die polisiemag het in November laas jaar opleiding in die versameling van die renoster-DNA ontvang. Die versameling van DNA in renoster- en olifantkarkasse is uiters belangrik in ondersoeke.

“Belanghebbers is vasbeslote en wil hande vat in die stryd teen stropery, en ons is bly oor sulke gebare,” het hy bygevoeg.

Die mandaat van die Namibiese polisie kan nie in afsondering uit­gevoer word nie, maar met die ondersteuning van alle wetsgehoor­same burgers, korporatiewe organisasies en private sektor, ministeries en agentskappe, hoop ons om die stryd te oorwin,” het hy gesê.

Die koördineerder van die LAC, mnr. Willem Odendaal, het tydens ­dieselfde geleentheid gesê die sentrum ondersteun die Namibiese wetstoepassingsagentskappe, en is betrokke by ver­volging en ondersoek.

Die projek word geïmplementeer in samewerking met verskeie Namibiese vennote onder leiding van die Wêreldnatuurfonds (WWF).

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!