Laat ons nie ophou hoop nie
Laat ons nie ophou hoop nie

Laat ons nie ophou hoop nie

Mandy Rittmann
JOHN FREDERICKS SKRYF:

Met die aanloop tot die Kersfeestyd wil mens graag jou geloof, jou mededeelsaamheid en jou omgee vir ander versterk.

Mens sou graag wou sien dat alle Namibiërs inklusief betrek word en baat vind by die natuurlike skatte wat God, deur die geboorte van sy seun, aan Namibiërs geskenk het. Die verskillende vermoëns, talente, inspirasies en ambisies wat aan ons verleen en geleen is, om ieder en elk te help, te ondersteun, te mobiliseer en veral in die tyd van die Kersfeesgees, te deel met mekaar, erodeer teen so ’n tempo dat die Kersfeestyd vir baie Namibiërs in ’n nagmerrie kan ontaard.

My hoop, wat gebaseer was in die geloof dat elke Namibiër die belange van die land en sy mense eerste plaas, het ’n geweldige knou gekry toe ek lees hoe die leefwyse van die hoof van die Windhoekse munisipaliteit ge-"knou" gaan word as hy sonder betaling geskors sou word. My hoop het ’n knou gekry, toe ek moet lees oor die hemelvrou van Outjo, wie ’n dierlike dood moes sterf omdat “hy wat moes omgee”, nie die vermoëns gehad het om dit te doen nie. My hoop kantel as ek lees dat ons siek mense nie in hospitale behandel kan word, dat skole se water- en kragtoevoer afgesny moet word, dat polisiebeamptes vir dwelmhandel gevonnis moet word en dat korrupsie die norm geword het. My hoop word ge-erodeer as my hoop op hoop hopeloos word.

Maar dan is die Kersfeesboodskap mos tog ’n boodskap van hoop. Daar word gehoop dat alle Namibiërs die sosiale wil sal hê om te gee in plaas van om te neem, om te deel, eerder as om te steel, om te gesels en te redeneer, eerder as om dood te maak en medemense soos diere te slag, om te luister, eerder as om na geluister te word, om te simpatiseer, eerder as om te kritiseer, om te kritiseer, eerder as om weg te kyk.

Ons moet ons betrokkenheid laat seëvier, ons moet ons wil om die regte ding te wil doen laat blom, ons moet nooit ophou hoop om te hoop nie!

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!