Laat koppe rol - Jooste, SPYL

‘Verwyder hulle van partylys’

18 November 2019 | Politiek
Catherine Sasman - Stemme uit die regerende party dring toenemend aan dat diegene wat beskuldig word van korrupsie onder sy geledere verwyder word.

Nadat die beleërde minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, en die minister van justisie, mnr. Sacky Shanghala, skynbaar onder dwang hul bedankings ingedien het ná die onthullings dat hulle omkoopgeld ontvang het vir viskwotas aan die Yslandiese maatskappy Samherji, het die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, aangedring dat een van hul medebeskuldigdes ook uit sy pos verwyder word.

Jooste het Vrydag voorgestel dat mnr. James Hatuikulipi as raadslid van Fishcor en enige filiaal van die maatskappy onmiddellik verwyder moet word.

Jooste dring aan dat enige vorm van volmag van Hatuikulipi herroep word, insluitend enige ondertekeningsbevoegdhede by finansiële instellings.

Hy dring ook aan dat die uitvoerende hoof van Fishcor, mnr. Mike Nghipunya, uit sy pos ontslaan en ‘n bevoegde persoon in sy plek aangestel word.

Die Swapo-jeugliga dring ook aan op ‘n ondersoekende kommissie om agter die kap van die byl van die vis-skandaal te kom.

Die liga sê alle toekennings van viskwotas in 2018 moet gekanselleer word omdat die proses nie vertrou kan word nie.

Die SPYL se woordvoerder, mnr. Gerson Dumeni, het gesê die liga dring ook aan dat alle kandidate op die Swapo-partylys wat in korrupsiesake geïmpliseer is, van die lys verwyder word.

Voorts sê die liggaam dat viskwotas nie aan individue toegeken moet word nie, maar eerder aan streeksrade en plaaslike owerhede waardeur ‘n groter gedeelte van die Namibiese nasie baat daaruit kan kry.

Jooste sê daar is ‘n algemene miskonsepsie onder Namibiërs oor berigte van korrupsie waaroor die afgelope vier jaar berig is. Hy sê die regering, en veral president Hage Geingob, is onredelik gekritiseer dat hy nie sterk genoeg teen korrupsie optree nie.

Jooste sê sedert 2015 is daar drie groot stappe gedoen op korrupsie die nek in te slaan.

Dít, sê hy, sluit in die sentralisering van die regering se beleid op staatsaankope, wat volgens hom beslis onreëlmatighede gaan beperk.

“Die doeltreffendheid van die proses moet verbeter, maar die werklikheid is dat die lae inkoop en die gebrek aan nakoming van sekere instellings die doeltreffendheid van die prosesse beïnvloed het, terwyl 'n mate van onbehoorlike kritiek teen die Raad op Openbare Verkryging gelewer is,” het Jooste gesê.

Hy sê die wet op openbare-private vennootskappe gaan voorts die kommersiële werksaamhede van semi-staatsinstellings bepaal.

‘n Derde element om korrupsie te beveg, sê hy, is die totstandkoming van die ministerie van staatsondernemings en die goedkeuring van die hibriedbestuursmodel.

Oor die toekoms van Fishcor het Jooste gesê die maatskappy kan gebruik word as ‘n effektiewe, kommersiële instrument om plaaslike deelname in die visbedryf te bewerkstellig.

Hy sê dit is noodsaaklik om ‘n model te konsepsualiseer waar ware breë-gebaseerde waardetoevoeging op lang termyn bereik word uit die opbrengs van die land se natuurlike hulpbronne.

Soortgelyk

 

KOLLIG Voorblad

1 dag gelede | Byvoegsels

Swakop hou Makietie bl. 4

ECN gaan Itula se aansoek teenstaan

1 dag gelede | Politiek

Denver Kisting – Vanweë die beweerde negatiewe uitwerking van elektroniese stemtoestelle (EVM’s) in die afgelope presidensiële verkiesing moet die proses tersyde gestel word.Dr. Panduleni Itula,...

Ekonomie bloei lánkal

1 dag gelede | Plaaslik

Jo-Maré Duddy – Ekonomiese groei het reeds in 2015 skerp begin tuimel sonder dat dit deur amptelike syfers weerspieël is, toon nuwe data wat gister...

NOU AAN DIE GANG

1 dag gelede | Byvoegsels

» Die Swakopmund Wetenskaplike Vereniging bied tans ‘n Kersfees-skattejag by die Swakopmund Museum aan. Dit bestaan uit twee afdelings, een vir kinders en een vir...

Geskorste raadslede van Rehoboth herkies

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting op Rehoboth – Dieselfde span raadslede wat verlede jaar deur dr. Peya Mushelenga, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, in die pad...

Weer vir 13 Desember 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en baie tot bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees. Winderige weer sal...

STEMFEITE: NAM & SA 2019

1 dag gelede | Politiek

In Namibië het Swapo persentasiegewys meer steun ingeboet as die ANC in Suid-Afrika.

NamibRe: Versekeraars moet 12,5% sedeer

1 dag gelede | Howe

Elvira Hattingh Plaaslike versekeringsmaatskappye móét voorts vir herverseke­ring by NamibRe opdok - tot tyd en wyl daar in 'n hangende hofsaak oor die wettigheid van...

CoW baklei teen beslaglegging

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse munisipaliteit (CoW) baklei tans verbete teen ’n beweerde beslagleggingsbevel wat poog om van hul vaste bates te konfiskeer.Veertien superintendente verbonde...