Laat jou werk vir jóú werk in 2019

As jy van hierdie dinge onder die knie kan kry, kan jy makliker in diens geneem word of jou werk behou.
Francois Williams



Jy slyt die grootste deel van jou lewe by die werk. Aanvaar dit nou maar en probeer die beste daaruit haal.

So 'n paar werkverwante Nuwejaarsvoornemens vir 2019 sal ook nie kwaad doen nie.

Voor jy jou kom kry, is jy 'n aanwins vir die baas en wink daar dalk 'n verhoging, bonus of bevordering, of jy is net 'n baie aangenamer kollega om op kantoor te hê. Daarmee saam sal jy 'n gelukkiger mens wees, en jou gesin sal dit ook waardeer. . .

Baie mense wil in Januarie nuwe gewoontes of vaardighede aanleer. Paul Petrone, redakteur van die loopbaan-netwerk LinkedIn se LinkedIn Learning, het die volgende lysies saamgestel van die sagte én harde vaardighede waarna maatskappye in 2019 gaan soek.

As jy van hierdie dinge onder die knie kan kry, maak jy jouself aantrekliker om in diens geneem te word of om jou werk te behou.



5 SAGTE VAARDIGHEDE

1. Kreatiwiteit: Robotte kan ou werkwyses goed uitvoer, maar skeppende werknemers is nodig om die oplossings vir môre uit te dink.

2. Oortuigingsvermoë: Dis gaaf om 'n goeie produk of diens te hê, maar wat saak maak is om mense te oortuig om dit te koop.

3. Samewerking: Namate projekte in die era van kunsmatige intelligensie al ingewikkelder en internasionaal raak, raak dit al belangriker om doeltreffend met alle soorte mense te kan saamwerk.

4. Aanpasbaarheid: Gister se oplossings gaan nie môre se probleme oplos nie, so die voortdurend veranderende wêreld vereis aanpasbaarheid.

5. Tydsbestuur: Dis 'n tydlose vaardigheid wat jou vir die res van jou loopbaan sal dien.



10 HARDE VAARDIGHEDE

1. Wolkprogrammering: Maatskappye soek dringend na sagteware-ingenieurs wat aan die groeiende vraag na wolkrekenaardienste kan voldoen.

2. Kunsmatige intelligensie: Dis amptelik, die era van kunsmatige intelligensie is hier.

3. Ontledende beredenering: Namate maatskappye al meer data insamel, het hulle mense nodig wat die data kan ontleed en gegrond op hul bevindings slim besluite kan neem.

4. Mensebestuur: Vir Suid-Afrikaanse base wat dit nog nie weet nie – die wêreld het wegbeweeg van die “bevel-en-beheer-model” na leiers wat kan mentor en bemagtig. Dis 'n moeilike stel vaardighede waaroor min mense beskik.

5. UX-ontwerp: UX-ontwerp is die sleutel wat verseker dat die digitale wêreld vir mense werk, en nie andersom nie.

6. Mobiele app-ontwikkeling: Dié vaardigheid is al lank in aanvraag, maar sal so bly namate maatskappye steeds platforms ontwikkel wat eerste op slimfone, tablette en enige ander mobiele toestelle werk.

7. Video- en oudioproduksie: Die vraag na videoproduksie neem toe aangesien video's 70% van alle internetverkeer deur verbruikers uitmaak. Dit geld ook digitale klankmedia soos potgooi (podcast).

8. Leiers in verkope: As jy met jou gladde bek en oorredingsvermoë iets aan iemand kan afsmeer wat hulle eers nie gedink het hulle benodig nie, sal jy altyd in aanvraag wees by maatskappye, en dit raak al hoe moeiliker om goeie verkoopsmense in die hande te kry.

9. Natuurlike taalverwerking: Dit verwys na die tegnologie agter Alexa en Google Home. Alles van motors tot ligte of jou yskas en koffiemasjien word nou stem-aktief.

10. Korporatiewe kommunikasie: Met sosiale media kan 'n klein plaaslike foutjie deesdae in 'n internasionale krisis ontaard, en maatskappye benodig mense wat sulke moeilike situasies kan hanteer.



2019-VOORNEMENS

Hier is drie Nuwejaarsvoornemens vir die werkplek wat jou 'n loopbaan-hupstoot kan gee:

1. Gebruik die woord “verbeel” meer dikwels.

Verbeel jou jou werkgewer het 'n probleem waarmee julle al lank stoei en mense raak net so gefrustreerd oor hierdie herhalende en duur uitdaging.Verbeel jou die volgende keer wanneer die probleem bespreek word, het jy 'n unieke oplossing wat mense laat dink en almal laat besluit dit moet op die proef gestel word.Verbeel jou ses maande later hoe die maatskappy danksy jou oplossing 'n veel beter plek geword het. Jy word in 'n heel ander lig gesien – as 'n probleemoplosser.

2. Beoefen meditasie

In die digitale era is dit skokkend moeilik om jou brein deesdae op 'n enkele ding te fokus, maar navorsing wys daaglikse meditasie bied aansienlike voordele soos laer stresvlakke, groter vermoë om empatie te toon, en beter konsentrasievermoë en 'n langer aandagspan. Jou brein kan inligting vinniger en doeltreffender verwerk, wat tot beter besluite lei.

3. Beoefen vriendelikheid

Om iets te beoefen, beteken om dit te doen, al voel jy nie lus daarvoor nie. Maar jy sal die vrugte daarvan by die werk en die huis pluk. As jou verstek-verstelling is om altyd met almal en selfs in die moeilikste situasies vriendelik te wees, kan dit jou werkplek en werkverhoudinge transformeer.

– Netwerk24

Bronne: Jacki Zehner, medestigter van Women Moving Millions, en prof. Patrick Ledding van Vanderbilt-universiteit, via LinkedIn.

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.8 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.37/OZ UP +0.35% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.14% | Zinc US$ 2 825.60/T UP 0.84% | Brent Crude Oil US$ 88.24/BBP DOWN -0.0011 | Platinum US$ 902.20/OZ DOWN -0.0084 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.8 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.37/OZ UP +0.35% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.14% | Zinc US$ 2 825.60/T UP 0.84% | Brent Crude Oil US$ 88.24/BBP DOWN -0.0011 | Platinum US$ 902.20/OZ DOWN -0.0084