Laat jou partytjie in my hande
Tanja Bause - Lüderitz spog nou met sy eie geleentheidsontwerper.
Nicole Ferreira beplan sedert 2012 verskeie partytjies op die dorp. Vanjaar het sy besluit om haar passie ‘n stap verder te vat en die onderneming Love2Party begin.
“Love2Party is daar om jou partytjie of enige spesiale geleentheid onvergeetlik te maak en jou gaste te betower,” het sy gesê.
“Ek is ’n geleentheidsontwerper. Ek ontwerp en beplan die dekor. Ek is kreatief en skep pragtige visuele effekte vir jou partytjie volgens jou tema.
“Ek maak alles self soos byvoorbeeld blomme uit papier. Ook borde, koppies en ander bykomstighede uit klei om by jou tema te pas. Ek maak ook versierings van klei vir die koek. Gewoonlik word dit met fondant gemaak - mense vat happe daaruit en die res word gemors. My kleiversierings kan jy vir altyd hou en iewers ophang,” het sy gesê.
Sy beplan tans hennepartytjies, kinderverjaardagpartytjies en ooievaarstees.
“As die besigheid goed doen en groei, sal ek baie graag troues ook wil ontwerp.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie