Laaste gedagtes van u2018n afgetrede joernalis
Laaste gedagtes van u2018n afgetrede joernalis

Laaste gedagtes van ‘n afgetrede joernalis

Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Op 60 is my dae getel en my vervaldatum as joernalis vir Republikein het aangebreek.

In my eerste jaar as joernalis by Die Vaderland in Johannesburg het ons redaksie voor die enigste TV in die nuuskantoor gestaan en gekyk hoe prinses Diana en prins Charles getroud is.

Enkele dae voor ek Republikein groet, trou prinses Diana en prins Charles se jongste seun, Harry, met Meghan Markle.

Dis gepas.

Ek sit voor my TV en tjank - nét soos ek met Diana en Charles se troue, die geboorte van William, Harry, die egskeiding en Diana se dood getjank het.

Hul lewens en hoogte- en laagtepunte het ons die geleentheid gegee om te tjank, ook oor gebeurtenisse in ons eie lewens, waar ons met strak, emosielose en uitdrukkinglose gesigte die seer en die teleurstellings en die hoogtepunte agter ‘n masker van stoïsisme deurleef het.

Dan is daar klein irritasies wat ek van my gemoed wil afkry:

· Die aankondigings by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako is te hard. Hoor niemand wat die volume-knoppie hanteer dit nie? Daardie bulderende aankondigings is onverstaanbaar. Die Internasionale Lughawens OR Tambo en Kaapstad is nou “stil” lughawens - geen aankondigings word gemaak nie. ‘n Mens het die inligting op jou aanboordstapkaartjie. As jy kan lees en skyf, behoort jy te weet waar en wanneer om vir jou vlug aan te meld.

Op OR Tambo, toe ek Saterdag terugvlieg van Johannesburg af, het ek egter besef die personeel op die lughawe het nie die boodskap van ‘n “stil” lughawe gekry nie. ‘n Tannie wat die vloere gevee het en ‘n veiligheidsbeampte, wat toesig oor die skandering van handbagasie gehou het, het oor ‘n afstand van drie treë só hard met mekaar gekommunikeer dat dit enige interkom-aankondiging totaal sou uitdoof.

· Hoekom is daar ‘n veiligheidspunt by Hosea Kutako se ingang? Daar sit gewoonlik twee mans/vroue op stoele en al wat hulle doen, is om aankomelinge by die lughawe deur te wuif. Is “sit en wuif” nou ‘n posbeskrywing? Sedert onafhanklikwording het ek nog nooit gesien enige van daardie veiligheidspersoneel stop en deursoek enige voertuig nie.

· Hoekom moet internasionale passasiers (sommiges bejaard) hul bagasie self van die trollie probeer afhaal en deur ‘n skandeerder sit voordat hulle deur internasionale aankomste gaan? By ander lughawens word bagasie deur skandeerders gesit vóór passasiers hul bagasie op die rolbande in ontvangs neem. Dis soms skokkend en hartroerend om te sien hoe ou tannies met hul bagasie strompel om dit op daardie laaiband te sit, terwyl die monitors op hul selfone sit of met mekaar gesels sonder om eers na die monitor te kyk. Ná die bagasie deur die masjien is, moet die tante of oom weer worstel om die bagasie op die trollie te kry - wéér sonder hulp. Nee wat.

· Hoekom moet Namibiërs wat na die buiteland vertrek, of besoekers, steeds papiervorms voor hul vertrek en by hul aankoms invul? Wie kyk ooit na daardie vorms? Wat word daarvan? Ons is belowe die elektroniese skanderingstoerusting wat teen miljoene, indien nie miljarde nie, aangekoop is, sal die proses versnel en dit papierloos maak. Dit was duidelik ‘n mislukking. Want ná die vingerafdrukke en foto’s en die gesukkel daarmee, wil dit voorkom of die hele projek laat vaar is.

By OR Tambo toon mens jou paspoort, die doeanebeampte skandeer dit, en 10 sekondes later is jy klaar.

Ek wil graag die stoorkamer sien waar hardwerkende staatsamptenare daagliks met ’n vergrootglas deur al daardie blou papiervorms gaan wat alle reisigers moes invul.

Nou ja, hoe klaerig en eenvoudig dit ook al mag klink, dís my laaste woorde as joernalis in diens van Republikein.

Tot siens, auf Wiedersehn, goodbye, kala po nawa!

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!