La Niña vestig amptelik
Elvira Hattingh
Dit is amptelik: La Niña het nou in die tropiese Stille Oseaan gevestig, het die Australiese Buro vir Meteorologie gister (23 Nov) gesê.
“La Niña is nou in die tropiese Stille Oseaan gevestig en die buro het sy jongste Enso-uitkykstatus amptelik na ‘n La Niña verander. Klimaatmodelle voorspel dat die La Niña van korte duur sal wees en net tot die Suidelike Halfrond se laatsomer of vroeë herfs (in 2022) sal duur,” sê die buro.
Soos vir Suider-Afrika, verhoog ‘n La Niña ook die kans op bogemiddelde reën vir noordelike en oostelike Australië tydens die somer.
“Verskeie aanwysers van die El Niño-Suidelike Ossillasieklimaatspatroon (Enso) dui op duidelike La Niña-patrone. Seeoppervlaktemperature in die tropiese Stille Oseaan is naby aan La Niña-drempels, met klimaatmodelle wat voorspel dit sal verder afkoel.
“Die wolk- en windpatrone in die atmosfeer is tipies van ’n La Niña, wat ’n teken is die atmosfeer reageer nou op die veranderinge in die oseaan en help dit verder aan,” sê die Australiërs.
“Die negatiewe fase van die Indiese Oseaan-dipool (IOD) bereik nou sy einde, met indekswaardes wat tans in die neutrale fase verkeer. Tog dui wolk- en windpatrone oor die Indiese Oseaan daarop dat die negatiewe fase steeds ’n matige invloed uitoefen,” het die buro gesê.
‘n Negatiewe IOD is ook goed vir reën oor Suider-Afrika.
“Alle weermodelle dui aan die IOD sal neutraal tydens die komende maande bly . . .” volgens die Australiërs. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie