La Niu00f1a versterk weer
La Niu00f1a versterk weer

La Niña versterk weer

Passaatwinde waai sterk, die oppervlaktemperatuur van die Stille Oseaan het op sleutelgebiede afgekoel en meer wolke en reën kom oor Indonesië voor.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Die kanse dat swak La Niña-weerstoestande tydens die komende reënseisoen sal heers, is nou 65% tot 75%, sê Amerikaanse weervoorspellers.

Voorspellers van die Amerikaanse Klimaatvoorspellingsentrum asook die Internasionale Navorsingsinstituut vir Klimaat en Samelewing, het ‘n konsensus bereik dat dié weerstoestand tot in Februarie of April kan voortduur, wat beter reënvooruitsigte vir Suider-Afrika kan beteken.

Dit volg nadat hulle verlede maand gemeen het ‘n kans van net sowat 50 tot 60% bestaan dat ‘n La Niña tydens Desember sal ontwikkel.

Terselfdertyd het La Niña-toestande die neutrale Enso-toestande (El Niño suidelike ossilasie-klimaatspatroon) sedert Oktober vervang, soos gesien kan word in die ondergemiddelde seeoppervlaktemperature in die sentrale en oostelike ekwatoriale Stille Oseaan.

Die weeklikse Niño-indekse was verskillend tydens Oktober, maar in die laaste week was dit naby -0,5 °C in die Niño-3,4 en Niño-3 streke – ‘n sekere teken dat La Niña-weerstoestande besig is om oor te neem.

Terselfdertyd het verskeie rekenaarmodelle voorspel dat die komende La Niña swak sal wees, wat beteken seeoppervlaktemperature is slegs sowat 0,5 °C tot 1,0 °C onder die gemiddeld gedurende die lente. Dit was ook die geval, sê die Nasionale Oseaniese en Atmosferiese Administrasie (NOAA).

Nog iets wat weervoorspellers sekerheid gee dat La Niña tydens die komende somer sal bly heers, is die aansienlike hoeveelheid koeler as die gemiddelde water wat onder die tropiese see se oppervlakte lê. Dit sal tydens die komende maande ‘n bron van koeler water wees vir die seeoppervlak.

Tydens Oktober het die atmosfeer ook saamgespeel en het daar meer wolke en reën oor Indonesië voorgekom, terwyl minder daarvan oor die sentrale dele van die Stille Oseaan was.

NOAA sê terselfdertyd was die boonste vlak winde sterker as normaal en die suidelike ossilasie-indeks was positief – wat op ‘n sterker sogenaamde Walker-sirkulasie dui en tekens is dat ‘n La Niña op pad is.

Die administrasie verduidelik verder dat passaatwinde – dié wat oor die oppervlak van die see in tropiese gebiede waai – ‘n sterk bepalende faktor in die oppervlaktemperatuur van die see is. Dit waai gewoonlik van oos na wes en koel dus die water op die seeoppervlak af. Dit veroorsaak verder dat warmer water teen Indonesië “vasgedruk” word. As die winde stadiger begin waai, kan die water in die sentrale en oostelike dele van die Stille Oseaan weer warmer raak.

Wanneer ‘n La Niña op pad is, is die passaatwinde sterker as normaal, wat die oppervlaktemperatuur van die see koeler hou. Die teenoorgestelde gebeur wanneer El Niño-toestande heers.

Die Australiese Buro vir Metereologie meen egter die kanse dat La Niña-weerstoestande tydens die komende maande sal heers, staan steeds op 50%. Hy is van mening dat indien die weerstoestand sy kop uitsteek, dit swak en van korte duur sal wees.

NOAA sê wel die sogenaamde Madden-Julian-ossilasie – ‘n gebied van verhoogde konveksie, storms en wolke wat ooswaarts langs die ewenaar beweeg en rondom die aardbol in vier tot agt weke beweeg – het ENSO-toestande tydelik geraak. Die rede is omdat dit winde wat oor die oppervlak van die tropiese Stille Oseaan beweeg, stadiger laat waai.

“Die feit dat die seetemperature koel gebly het – ten spyte daarvan dat die Madden-Julian-ossilasie aktief was en vanaf die Indiese Oseaan na die Westelike Halfrond beweeg het – dui aan dat La Niña-weerstoestande reeds bestaan,” sê NOAA.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!