La Niña amptelik aan stuur van (weer)sake
Elvira Hattingh – Dis amptelik – La Niña, wat dikwels vereenselwig word met beter reënneerslae in suider-Afrika, is aan stuur van die wêreld se weersake.
Die Australiese Buro vir Meteorologie het gister hul Enso-uitkykstatus amptelik na ’n La Niña verander – dit nadat dié weerstoestand oor die tropiese Stille Oseaan posgevat het.
Enso staan vir El Niño- Suidelike Ossillasieklimaatspatroon.
Australiese weerkenners sê al hul weermodelle dui daarop dat La Niña-toestande minstens tot in Januarie 2021 sal voortduur. Die helfte van die weermodelle voorspel ’n sterk La Niña, maar nog nie so sterk soos dié een van 2010-’12, wat een van die vier sterkste La Niña’s op rekord was nie.
“Die sentrale en oostelike tropiese Stille Oseaan se seeoppervlaktemperature het La Niña-drempels oorskry en atmosferiese aanwysers, insluitende die Suidelike Ossillasie-indeks (SOI), die passaatwinde, asook wolkformasie dui op ’n La Niña,” het die Australiërs gesê.
Nog positiewe nuus is dat die jongste waardes vir die Indiese Oseaan-dipool (IOD), weereens negatief is. Volgens ses weermodelle behoort dit so tydens Oktobermaand te bly, terwyl nog drie weermodelle voorspel dat dit tot in November negatiewe waardes sal bly handhaaf.
Mnr. Johan van den Berg, landbouweerkundige-konsultant by Santam Suid-Afrika, het vroeër gesê La Niña-toestande wat met ’n negatiewe IOD vereenselwig word is “’n baie positiewe vooruitskouing vir somerreën”.
Hy het ook gesê na verwagting sal reëntoestande vir Namibië drasties “vanaf omtrent November” verbeter en sal dit ’n “piek tussen Januarie en Maart 2021 bereik”.
La Niña is ’n Spaanse woord wat “die dogtertjie” beteken, terwyl El Niño “seuntjie” beteken.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie