Ál meer span uit in woonwaens, tente
Volgens statistiek het die getal kampeerplekke wat in die buurland verkoop is, sowel as die geld wat daaruit verdien is in dubbelsyfers gestyg.
William Horne – Al hoe meer Suid-Afrikaners gaan hou vakansie in woonwaparke en tente te midde van druk op hul sak.
Sowel die getal kampeerplekke wat verkoop is as die geld wat daaruit verdien is, het in dubbelsyfers gestyg, het Statistieke Suid-Afrika bekend gemaak.
Kampeerplekke se inkomste het in die jaar tot einde Oktober met 13,2% tot R32,1 miljoen gestyg.
Dít terwyl die inkomste wat die hele sektor vir vakansieverblyf verdien, in die jaar tot einde Oktober met 0,2% gedaal het.
Net die subsektor “ander akkommodasie” het ook gegroei, met 8,6%.
By woonwaparke en kampeerterreine het die getal verblyfeenhede per nag wat verkoop is, ook gegroei, terwyl geen ander akkommodasie-subsektor dit in Oktober kon handhaaf nie.
Woonwaparke en kampeerterreine het op ’n jaargrondslag wat seisoenaal aangepas is 12,9% meer verblyfeenhede per nag verkoop in Oktober.
Alle ander subsektors – hotelle; gastehuise en -plase; en ander akkommodasie – het in dieselfde tydperk minder eenhede verkoop.
Die algehele verblyfsektor se inkomste het in Oktober nominaal geen groei gehad op ’n jaargrondslag nie, hoofsaaklik weens die algehele afname in verblyfeenhede wat verkoop is.
Woonwaparke en kampeerterreine se groeiende inkomste is slegs deur hul verblyfinkomste aangedryf. Hulle het steeds afnames gehad vir hul inkomste uit restaurant- en kroegverkope (-10,5%) asook uit ander bronne van inkomste (-60%).
’n Totale inkomste van R4,28 miljard is in Oktober uit toeristeverblyf verdien, waarvan R739 miljoen van restaurante en kroeë afkomstig was, 1,7% laer as die ooreenstemmende tydperk in 2017. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie