Kyron in toptien ná ultra-resies by Tafelberg
Ultrawedlope
Tielman van Lill - Kyron Raad van Windhoek het laas Saterdag in Kaapstad in 8 uur 14 minute en 33 sekondes sewende in die 65 kilometer-afdeling van die Salomon Ultra Trail Cape Town-kompetisie geëindig.
Die 37-jarige ultra-langasem sê dit is sy beste resultaat nóg, teen uitgelese professionele atlete in die ope afdeling waar hy as amateur deelneem. Vroeër vanjaar het hy agtste in die Ultra Trail Drakensberg-kompetisie geëindig.
“Ek het 96 minute van my tyd van laasjaar in die Kaap gesnoei, wat vir my absoluut fantasties is.
“Ek het opnuut belangrike aspekte van ultrawedlope geleer en kan dit goed in die toekoms gebruik. Alle eer aan God wat my dryfveer is. Ek glo vas dat elkeen van ons gelowig moet wees, ons talente moet gebruik en aan God die eer daarvoor gee.
“Met Hom aan jou sy, kan jy enige iets aandurf en dit oorwin! My gesin is betrokke by my sport en reis altyd saam met my na kompetisies. Ons almal het ons eie resies in die lewe om te hardloop. Die kompetisie in die Kaap was wonderlik en ek het dit vreeslik geniet.
“Ek het ook vir Courtney Dauwalter, een van my heldinne, ontmoet wat fantasties was en ek kon 'n foto saam met haar laat neem,” het Raad aan Republikein vertel.
Die Turkse drawwer Mehmet Soyturk het die eerste plek in 6:38:40 opgeraap met Christiaan Greyling (Suid-Afrika) tweede in 7:25:52, terwyl 'n Fransman, Clément Désillet, in 7:37:52 derde was.- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie