Kyk wat staat met geld aan SAL kon vermag

‘Lugdiens moet geboikot word’

11 January 2019 | Afrika
Francois Williams - Boikot die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), want sowat R800 van jou vliegkaartjie kon die regering vir ander dinge, soos die bou van huise, paaie en skole, gebruik het, sê Leon Louw, uitvoerende direkteur van die Vryemarkstigting, in ’n artikel.

Hy grond sy versoek op die verlies van sowat R5 miljard per jaar wat die staatslugdiens ly, die sowat R46 miljard se kapitaalinspuitings wat die SAL al in die verlede ontvang het, en die sowat R21 miljard se kapitaal wat die lugdiens beweer hy benodig om teen 2021 winsgewend te kan wees.

STRATEGIESE ROETES

Die SAL moet geboikot word want die lugdiens dien geen doel nie, sê Louw. Die regering voer aan dat die SAL vir “strategiese roetes” nodig is, maar Louw sê daar bestaan nie soiets nie. Deesdae kan “enigiemand maklik na enige plek vlieg deur ’n vliegkaartjie op sy slimfoon te bespreek”.

In die onwaarskynlike geval dat daar ’n bestemming is waarheen iemand nie kan vlieg nie, kan ’n huurvlug gekontrakteer word.

NASIONALE LUGDIENS

Die regering sê dikwels dat die SAL nodig is as ’n nasionale lugdiens, as ’n patriotiese vlagdraer, vir nasietrots en om toerisme te bevorder.

Maar volgens Louw merk niemand landsvlae op passasiersvliegtuie se stertvlerke op nie. Landsvlae hoort op vlagpale, sê hy.

Hy sien nie die sin van ’n “nasionale” lugdiens in nie want enigiets wat die SAL doen, kan ander lugdienste beter doen.

Volgens hom bevorder die SAL ook nie toerisme nie, maar belemmer dit eerder omdat hy beskerming vra teen mededingers en daardeur toeriste se keuses beperk.

Hy sê Yunus Carrim (vorige minister van kommunikasie en tans voorsitter van die parlement se staande komitee oor finansies) het in ’n stadium gesê hy voel trots om SAL-vliegtuie op internasionale lughawens te sien, maar prof. Jannie Rossouw van Wits se skool vir ekonomie meen politieke ydelheid kan bevredig word sonder dat die vliegtuie hoef te vlieg. “Dit sal goedkoper wees om die vliegtuie net daar te parkeer en skoon te hou.”

PRIVATISERING VS. STAATSBEHEER

Louw sê die SAL het die afgelope paar dekades met sy rooftariewe al sowat tien private binnelandse lugdienste tot bankrotskap gedryf. Sedert mededinging in die binnelandse mark in die vroeë 90’s toegelaat is, het die SAL egter ook al sowat die helfte van sy markaandeel verloor omdat passasiers na ander lugdienste geskuif het.

Die meeste nasionale staatsbeheerde lugdienste in die wêreld is al ontbind of geprivatiseer, sê Louw.

Die uitsonderings soos Ethiopian Airlines en Emirates is om goeie rede die uitsonderings omdat hulle as sakeondernemings en nie as ydelheidsprojekte bedryf word nie. Hulle het natuurlike nodusse van waar hulle sake doen, en geen politieke inmenging word geduld nie.

Dié uitsonderings is ’n bewys dat regerings nie moet probeer om lugdienste te bedryf nie, sê hy.

MISLUKKINGS

Louw is van mening dat die SAL geboikot moet word om die staat verdere mislukkings te spaar. Daar was in die afgelope tien jaar al tien planne om die situasie om te keer, asook agt uitvoerende hoofde – en al 15 reddingsboeie, waarborge, herskedulerings van skuld en subsidies het misluk.

Volgens Louw is die SAL se landingsregte op buitelandse lughawens die enigste wesenlike bate waarin ’n lugdiensbelegger belang sal stel. ’n Groot lugdiens sal die SAL-handelsmerk maklik kan oorneem.

PRYSE

Ondanks die kritiek het die lesers van die tydskrif Business Traveler die SAL in Desember verlede jaar die 10de agtereenvolgende keer as die beste lugdiens in Afrika aangewys. Dit is ook die negende keer dat hy as die beste besigheidsklas-lugdiens na Afrika aangewys is.

SKYTRAX

Die SAL word al die afgelope 16 jaar as ’n vier-ster-lugdiens deur die lugvervoergraderingsorganisasie Skytrax gegradeer. Skytrax gradeer lugdienste van een tot vyf sterre.

Volgens Skytrax lewer ’n vier-ster-lugdiens oor die algemeen goeie diens en handhaaf goeie produkstandaarde.

Daar is net 11 lugdienste wat met Skytrax se vyf-ster-gradering spog. Dit sluit in Lufthansa, Singapore Airlines, Etihad, Cathay Pacific en Qatar Airways.

Die SAL ding in die 4-ster-kategorie met 40 ander lugdienste soos Virgin Atlantic, British Airways, Emirates, KLM, Qantas, easyJet, Ethiopian Airlines, Air France en Aeroflot mee.

Interessant genoeg het die SAL volgens Skytrax ’n beter gradering as die volgende drie-ster-lugdienste: Mango, kulula.com, Kenya Airways, Air India, Alitalia en Air Namibia, Egyptair. Hiervolgens is die SAL ook beter as minstens drie Amerikaanse lugdienste: Delta Airlines, United en American Airlines.

Die laagste gradering op Skytrax se lys is tans Spirit Airlines, ’n laekostelugdiens in Amerika, wat twee sterre het. – Netwerk24

GRYSBLOK

Wat die regering kan doen met die R5 miljard-verlies wat sy lugdiens, die SAL, jaarliks ly:

· Dek 120 000 universiteitstudente se studiegeld

· Bou 50 000 laekostehuise

· Bou 10 hospitale van 300 beddens elk

· Bou 300 skole

· Stel 30 000 nuwe polisiebeamptes aan

Wat die regering kon doen met die reddingsboeie en subsidies van R46 miljard wat die SAL al in die verlede gekry het en die R21 miljard se kapitaal wat die SAL tans soek:

· Bou 670 000 laekostehuise

· Bou 4 500 skole

· Finansier die universiteitsgelde van 1,5 miljoen studente

· Bou 20 000 km se nuwe paaie

Soortgelyk

 

Lira op Warehouse-verhoog

3 ure gelede | Kuns en vermaak

Die bekende Suid-Afrikaanse sangsensasie, model, aktivis, entrepreneur en skrywer Lira tree eerskomende Woensdagaand 14 Maart om 20:00 by die Warehouse-teater op. Lira het veral vir...

Ses sterf in grubotsing

20 ure gelede | Ongelukke

Ses mense is in ’n kop-teen-kop-botsing vanoggend tussen Okahandja en Windhoek dood. Een van die voertuie het ná die botsing aan die brand geslaan. Na...

SDFN houses at Kalkfeld nearing completion

20 ure gelede | Infrastruktuur

KALKFELD – The construction of 18 houses by the Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFN) is nearing completion at the Kalkfeld settlement in the Otjozondjupa...

Manlike pasiënt 'twee keer' besny

20 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht Die ministerie van finansies het 'n forensiese ondersoek na die eispatrone van verskaffers van gesondheidsdienste van stapel gestuur om moontlike bedrog by die...

Kaptein wou terugdraai voor 157 sterf

20 ure gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer Die kaptein van Ethiopian Airlines se vlug ET302 het toestemming gehad om die vliegtuig terug te draai na die Internasionale Lughawe Bole by...

Só vaar die Verkrygingsraad

20 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig Struikelblokke kan in geleenthede omskep word. Só sê me. Lischen Ramakhutla, die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) se administratiewe hoof.Sy en mnr. Patrick...

Weer vir 11 Maart 2019

20 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in die Noorde, Noordooste, Ooste en sentrale hoogland met geïsoleerde donderbuie op plekke. Elders sal dit...

Ou beursbeleid finansier 'enige' student

20 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - “As jy van die begin af nie gehad het wat nodig is nie, gaan jy dit ook nie aan die einde...

Stem nou vir jou gunstelingpaartjie!

20 ure gelede | Gebeure

D'Arlin en Leigh-Ann Benade is een van die top-30-paartjies in Republikein se Bruidspaar van die Jaar-kompetisie. Een gelukkige leser, wat aan ons SMS-kompetisie deelneem, kan...