KYK: Voorryman se emosionele onderhoud
KYK: Voorryman se emosionele onderhoud

KYK: Voorryman se emosionele onderhoud

Rugby
Die Engelse voorryman Kyle Sinckler sê hy het sy “woede” omdat hy nie vir die Britse en Ierse Leeus se rugbytoer na Suid-Afrika gekies is nie op ’n “positiewe manier” gebruik om vir die Bristol Bears ’n skitterende vertoning te lewer.
Sinckler is as die speler van die wedstryd in die Bears se oorwinning Saterdag oor Bath aangewys.
In ’n emosionele onderhoud agterná op BT Sport het die taai voorspeler soms gesukkel om sy woorde te vind.
Dié vaskopstut, wat vroeg in die eindstryd van die Wêreldbeker-toernooi teen die Springbokke in 2019 beseer is, het toegegee dat hy “verpletter” was omdat hy nie die Leeus se toergroep van 37 gehaal het nie.
Sinckler pluk gedurende die onderhoud aan sy linkeroor asof dit ’n stuk rubber is. Hy maak proesgeluide en dit lyk in ’n stadium asof hy in trane gaan uitbars.
Dan vertel hy hy het besluit om sy woede te gebruik om met ’n goeie vertoning te wys dat hy nie van plan is om net op ’n hoop te gaan sit en huil nie.
“Ek wou vir die kinders wys dat dit nie nodig is om net die speelgoed uit jou stootwaentjie te gooi nie,” sê Sinckler.
Dié stut het al 44 keer vir Engeland gespeel en het ook in 2017 saam met die Leeus deur Nieu-Seeland getoer.
Warren Gatland, die Leeus se breier, het hierdie keer vir Tadhg Furlong, Andrew Porter en Zander Fagerson bo hom gekies.
Gatland het wel gesê dat Sinckler “baie ongelukkig” was om nie die span te haal nie.
Sinckler se weglating, asook ook dié van ’n klompie Ierse staatmakers soos Jonathan Sexton, het die laaste paar dae heelwat debatvoering in Brittanje en Ierland ontketen.
– Netwerk24


KYK: https://twitter.com/premrugby/status/1391092920669941768?s=20

FOTO
Kyle Sinckler sit op loop in Saterdag se wedstryd tussen die Bristol Bears en Bath. Die Bears het met 40-20 gewen. Foto Getty Images

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!