Kyk! Daar's 'n os groter as Knickers!

Staan opsy, Knickers, jy is nie meer die grootste os in die kraal nie.

Enkele dae nadat die enorme Australiese os op­slae gemaak het, het die kollig na 'n “sagmoedige reus” van Kanada ver­skuif. Dozer van die plaas Kismet Creek in Manitoba, Kanada, is 'n volle 2 cm groter as Knickers.

Karl Schoenrock en sy vrou, Raelle, vertel op Facebook die plaaslike media het vandeesweek kom aanklop om te hoor hoe groot Dozer is.

“Die laaste keer wat ons Dozer gemeet het, was hy 1,91 m, maar dit was twee jaar gelede,” skryf Raelle.

Toe die paartjie hom weer meet, is daar gevind hy het met 5 cm gegroei.

Teen 1,96 m is Dozer 'n volle 2 cm groter as Knickers, wat 1,94 m groot is en 1,4 ton weeg. Dit is nie bekend hoeveel Dozer weeg nie.

Sky News berig Dozer was op pad slagpale toe, toe 'n veganis hom van 'n gewisse dood gered het.

Hy is na Kismet Creek gebring waar hy die res van sy dae in saligheid saam met ander diere, waaronder 'n paar perde en bokke, kan uitleef.

Die grootste bul tot nog toe was glo Ou Ben, 'n massiewe bees van 'n plaas in die Amerikaanse deelstaat Indiana. Hy het glo meer as twee ton geweeg en was byna 5 m lank. Hy is in 1910 uitgesit nadat hy geval en sy been gebreek het, berig Road­side America.– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!