Kwiltfees ’n eerste vir Namibië

Klasse en kompetisie aangebied

13 May 2019 | Gebeure
Tanja Bause - In Oktober vanjaar sal Namibië se eerste kwiltfees in Windhoek plaasvind.

Me. Yvette Venter en drie mede-organiseerders, mee. Elize Visser, Annalie van der Merwe en Dina Kotze is die meesterbreine agter die fees.

Venter het in ’n huis grootgeword waar baie naaldwerk gedoen is, en haar ma het jare lank ’n naaimasjienwinkel besit.

Sy is ook self ’n ywerige kwilter.

“Kwilt is tans weer in die mode en in Suid-Afrika word kwiltfeeste aangebied. Ek het toe besluit om die fees op 8 en 9 Oktober vir die eerste keer hier in Namibië aan te bied,” sê sy.

Volgens Venter is kwiltgroepe op Stampriet, Gochas, Karasburg, Gobabis en in Windhoek ywerig aan die woeker.

“Langs die kus bring vroue nou ook kwiltgroepe op die been.

“Die doel van die fees is om kwilt in Namibië te bevorder. Ons wil ’n kwiltfamilie skep waar ons mekaar kan help en ondersteun, en ’n liefde vir kwilt kan kweek. Daar is baie tradisionele kwilters in die land, maar saam kan ons kwilt ’n moderne kinkel gee,” sê sy.

Die fees skop op 7 Oktober af wanneer die wenner van ’n kwiltkompetisie aangekondig sal word.

Tot dusver is daar 90 deelnemers aan die kompetisie en belangstellendes kan nog tot 15 Augustus inskryf.

Die voltooide kwilte onder die tema “Van toeka tot nou” moet op 15 September ingehandig word.

“Groot pryse is op die spel. Die meesterkwilter sal ’n naaimasjien van Bernina Windhoek ter waarde van N$29 000 ontvang. Die tweede prys is ’n masjien van Elna Piekfyn ter waarde van N$14 000 en die derde prys is twee nagte by enige van die Gondwana-lodges in die land,” sê Venter.

Op 8 en 9 Oktober sal kwiltklasse aangebied word. Die klasse word deur drie Namibiese en vyf Suid-Afrikaanse kwilters aangebied.

“Ons het probeer om die klasse só in te deel dat mense iets van als kan bywoon. Daar is halfdagklasse, voldagklasse en ook klasse wat oor beide die dae strek. Die klasse is vir beginners tot gevorderde kwilters. Daar is iets vir almal en almal is welkom.

“Die klasse maak voorsiening vir die buite-die-boks-kwilter, die veselkuns-kwilter, die tradisionele kwilter, die innoverende kwilter, die gewone moderne naaldwerker en die kwilter wat boonop versot is op hekel,” sê Venter.

Belangstellendes het nog tot 1 Augustus om vir mee. Yvette Venter by 081 128 3215 of Elize Visser by (063) 683 491 vir klasbesprekings, deelname aan die kompetisie of enige verdere inligting te skakel.

Soortgelyk

 

'n Seder val in Swapo

8 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - Huldeblyke stroom sedert vroeg gisteroggend in die sosiale media in nadat dit bekend geword het Namibië se voormalige vise­president (2015 – 2018)...

Duitsland gee ou kruis terug

8 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Een van die belangrikste artefakte uit die glorieryke ontdekkersera van die Portugese seevaarders sal in Augustus deur die Duitse museum vir geskiedenis...

Weer vir 20 Mei 2019

8 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en winderige toestande word in die Suide verwag. Die nodige voor­sorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in...

Namport dank 86 werkers af

8 ure gelede | Plaaslik

Die Namibiese haweowerheid, Namport, het Vrydag aangekondig 86 werkers by die vraghouerterminaal by die Walvisbaaise hawe wat in Augustus aan 'n onwettige staking deelgeneem het,...

Speaker dring aan jeug moet by kiesproses betrek word

8 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Die speaker van die Nasio­nale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, sê die jeug moet by die verkiesings­proses betrek word.Die uitvoerende hoof van...

'Sam Nujoma is 'n ikoon'

8 ure gelede | Regering

Stigterspresident Sam Nujoma se 90ste verjaardagvieringe is Saterdag op Etunda in die Omusatistreek gevier en deur verskeie hooggeplaastes bygewoon. President Hage Geingob het Nujoma as...

Water: Hou rekord van elke druppel

8 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh - Tot 90% van die water in Windhoek wat onnodig weens lekkasies of buitensporige waterverbruik verlore gaan, sou gespaar kon word indien huishoudings...

Semifinalis onttrek aan Mej. Namibië

8 ure gelede | Gebeure

Tanja Bause - 'n Semifinalis in die Mej. Namibië 2019-kompetisie, ­Michelle Pretorius, het aan die geleentheid onttrek. Volgens haar ma, me. Anke Pretorius, het Michelle...

'Millenniërs werk anders'

8 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig - Werkloosheid onder die jeug is 'n nasionale krisis wat op alle vlakke, nie net deur die regering nie, dringend aangespreek moet word....