Kweek passie vir tuinmaak
Tanja Bause – 'n Inwoner van Outjo, mnr. Lazarus Gariseb, het al van kleintyd 'n passie vir tuinmaak. Hy wil dié passie met sy gemeenskap deel sodat hulle ook hul eie tuine kan begin.
Gariseb is in Windhoek gebore. By sy preprimêre skool het 'n onderwyser 'n klein tuintjie by die skool begin en die kinders toegelaat om hom te help. Sy oupa het ook in 'n tuin gewerk en elke dag ná skool het Gariseb hom gehelp. Dit is waar sy passie vir tuinmaak begin het.
“Die twee mans het sy liefde vir tuinmaak en groente plant in hom aangewakker,” sê sy vrou, me. Anna Garises.
Gariseb en sy vrou het in 1989 na Outjo verhuis waar hy 'n klein groentetuin begin het. Hy het die tuin agt jaar gelede uitgebrei en ook vrugtebome geplant.
“Lazarus plant wintergroente en somergroente. Hy plant alles van wortels, beet, pampoen en spinasie; enige groente, dit hang net van die seisoen af. Hy het ook lemoen- en suurlemoenbome geplant. Hy verkoop van sy groente aan die gemeenskap en sy suurlemoene aan die Spar-kettingwinkel op die dorp.”
Gariseb doen 'n beroep op alle Namibiërs om klein groentetuine by hul huise te begin.
“Ons moet selfonderhoudend wees. Om groente te plant, kos nie baie nie en is nie baie werk nie en wanneer jy oes is jy en jou gesin verseker dat daar altyd gesonde kos op die tafel is.
Jy hoef nie geld uit te gee om byvoorbeeld spinasie of tamaties te koop nie en as jy te veel het, kan jy 'n paar ekstra sente maak en dit verkoop. Veral in die tye waarin ons nou is en almal sukkel om kop bo water te hou, is 'n tuin dalk die oplossing.
“Mense wat op Outjo woon en graag 'n groentetuin wil begin, kan my gerus kontak en ek sal hulle met graagte help,” het hy gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie