Kwartmiljard vir Ejuva-sonkrag
Die aanlegte sal help om Namibië se energiebronne af te wissel.
Ejuva Een en Ejuva Twee, twee sonkragaanlegte naby Gobabis wat gister amptelik in gebruik geneem is, gaan jaarliks 25,8 gigawatt-ure (GWh) aan Namibië se nasionale kragnetwerk verskaf.
Altesaam N$250 miljoen is in dié projek gestort, een van 14 wat as deel van die hernubare energie-invoertariefprogram (Refit) geïdentifiseer is. Dié program is deur die ministerie van myne en energie en die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) van stapel gestuur om onafhanklike kragvoorsieners in die land te vestig.
NamPower sal vir 25 jaar krag by Ejuva koop.
OKA Capital en BPI Energy Solutions, twee plaaslike beleggers, besit saam 34% van die aandele in die Ejuva-projek. Die ander belange behoort aan CIGenCo SA en batebestuurder Mergence Unlisted Investment Managers (Namibia). Eersgenoemde besit 49%, terwyl Mergence 17% namens sy kliënte het.
Die adjunkminister van myne en energie, me. Kornelia Shilunga, het tydens gister se inhuldiging gesê Ejuva sal help om Namibië se energiebronne af te wissel. Dit sal die kapasiteit vir opwekking verhoog en die uitlating van koolsuurgasse verminder.
Bematiging
Shilunga is veral in haar skik met hoeveel van die projek in Namibiese hande is en watter impak dit op werkskepping en die ontwikkeling van kundigheid gehad het.
Tydens konstruksie, wat verlede Oktober afgehandel is, is werk aan 20 mense verskaf. Vyf mense sal voortaan vir die bedryf van die aanlegte, wat langs mekaar geleë is, verantwoordelik wees.
Volgens me. Hileni Nghinaunye van Mergence het dié maatskappy, buiten sy eie belang in Ejuva, ook lenings aan OKA Capital en BPI Energy Solutions om hul aandeelhouding te finansier.
Mergence is reeds besig met die finalisering van ‘n belegging om die meerderheidsbelang in nóg ‘n projek van 5 megawatt in die land te bekom. Ook hier sal die maatskappy help met die finansiering van plaaslike vennote se belang in dié projek.
Me. Sara Mezui-Engo van die staatsdienspensioenfonds (GIPF) het gesê die finansiering van projekte soos Ejuva stel die GIPF in staat om Namibiese aandeelhouers te bemagtig.
Sodoende is hulle op gelyke voet met internasionale beleggers.
Geld wat in die lang termyn uit die energiesektor vloei, bly in die land, het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie