Kwaliteit fassineer stoetteler Danie Botes

Mariana Balt
Mariana Balt - Sonstrale skitter op sy sonbril en agter hom blink die nuwe veekrale in die laatmiddag se somerson. En na slegs ? paar minute se gesels wéét ? mens dat Danie Botes se oë net so agter die lense blink terwyl hy oor sy Brahmaanstoet en toekomsplanne daarmee uitwei.
Enigeen in die land wat enigiets van dié statige beesras af weet, het al die naam van die stoet of dié van die eienaar daarvan gehoor. Sy stoetbulle stap keer op keer met pryse in verskillende kategorieë weg en die stoet behaal telkens die meeste punte op die Windhoek Skou. Die eer om verskeie kere agtereenvolgens as Suider-Afrikaanse bul van die jaar aangewys te word, kom ook een van sý bulle toe en hy het reeds meer bulle aan telers verkoop as enige ander stoetteler in Namibië.
Leer uit ervaring
Ten spyte van al die prestasies, is Danie eintlik nog maar ? “nuweling” in die boerderybedryf. Hy het sowat 11 jaar gelede eers die plaas Ongoro Gotjari gekoop nadat hy by bemarking en geldinsameling op verskeie ander gebiede betrokke was.
Sy pad het wel met teologiese studies begin, maar die preekstoel-wêreld het nooit vir hom gewink nie. “Ek wil vir myself dink,” sê hy beslis en verduidelik dat dít iets is wat by hom gevestig is deur die opvoeding wat hy onder meer aan die Duitse skool op Swakopmung ontvang het. “Dit was eintlik vir daardie jare ? baie liberale skool, sonder onnodige reëls en die onderwysers het vrye denke in alle opsigte aangemoedig.” Daar het Danie ook sokker gespeel en geleer om dié spel meer as die tradisionele rugby te geniet.
Die keuse van skool was bloot gerieflik omdat sy ouers op ? myn daar naby gewoon het, maar het later tog sy lewe in ? spesifieke rigting gestuur. Die manier van dink en doen het sy lewensuitkyk beïnvloed en die behoefte versterk om sy eie heil uit te werk.
Nadat die myn gesluit het, het die gesin in die Okahandja-omgewing gaan woon, waar Danie met beeste, en meer spesifiek Brahmane, kennis gemaak en sy hart so half op hulle verloor het.
Met die besluit om ? plaas te koop, kon hy dus sy individualiteit sowel as sy behoefte om met diere te werk, uitleef en toe hy hoor van die plaas gerieflik naby Windhoek en in ? gevestigde omgewing waar baie van sy vroeëre Duitse skoolmaats ook woon, was die koeël deur die kerk.
“Dit was goed om te sien dat die meeste van hulle ook in uiters suksesvolle volwassenes ontwikkel het en het as goeie aanmoediging gedien om my eie kinders ook volgens daardie beginsels groot te maak,” komplimenteer hy sy bure.
Brahmane as keuse
“Hoewel ek effens onseker was oor watter beesras om aan te skaf, het my keuse maklik op Brahmane geval omdat die moeilike ras oor besondere karaktertrekke beskik. Daarby hou ek van ? uitdaging en was boonop gelukkig dat baie telers in daardie stadium van hul kuddes uitverkoop het.”
Sodoende het hy goeie materiaal bekom om ? stoetery van hoë standaard op die been te bring, met sommige van daardie koeie wat steeds hul deel op die plaas doen.
Die hele Botes-familie, vroulief Elsa en die kinders, moes toe maar saam leer hoe om goeie bloedlyne raak te sien en die nodige seleksies vir teling te maak.
Maar, sê Danie, “ons het baie na goeie raad van deskundiges geluister en gekyk wat ander stoettelers doen”. Só het hulle vir Simon Hughes by hul eerste veiling leer ken en vriende geword. Hy doen nou twee maal per jaar veilings vir hulle. Hulle het ook ? goeie samewerkingsooreenkoms met Stefan Voigts en doen reeds geruime tyd hul eie kunsmatige inseminasie (KI) en embrio spoelings.
Reeds boaan die leer
Sedert 2005, toe die stoettelery op die been gebring is, het dinge van krag tot krag gegaan en dit lyk voorwaar asof Danie reeds sy mikpunt bereik het om binne tien jaar een van die toptelers wees.
Telers kom koop van oral saad by hom en hy is tans besig om ? laboratorium in te rig waar inseminasie en opleiding gedoen kan word.
Sonder werkers kan geen plaas funksioneer nie en Danie beskou sy vier voltydse werkers as belangrike vennote in sy sukses. Met hul lewensomstandighede maak hy erns en beskou die handhawing van goeie verhoudinge as ononderhandelbaar. Afgesien van dié vier wat so goed opgelei is dat hulle reeds self seleksies van kalwers doen, maak hy ook gebruik van boskappers en tydelike draadspanners wanneer nodig.
Hoewel die stoetdiere die meeste aandag verg, boer hy ook met ? kommersiële komponent, wat minder intensiewe aandag verg. Vir die stoet volg hy hoofsaaklik twee bloedlyne en met koeie uit verskillende kuddes kan hy goeie kombinasies sonder inteling daarstel.
Hy verklap ook dat hy nie sommer ? bul koop nie, maar liewers KI op goeie koeie doen. Daarvoor het hy, toe toestande gunstig was, ? goeie voorraad saad ingekoop.
Só blink sy oë al meer terwyl hy met sy jongste seun Zana aan sy sy tussen ? paar van die spogdiere rondloop en opgewonde van hul eienskappe uitwys. Zana is besig met BCom aan die Universiteit van die Vrystaat en maak gereed om volgende jaar ook te kom boer. Dan sal hulle ook meer aandag aan ? wildboerdery skenk.
Dat sy standaarde allerweë hoog is, raak duidelik soos ons oor die 6 000 ha plaas beweeg: Die meeste van die infrastruktuur is reeds oorgedoen nadat hy dit gekoop het, daar is oral krag aangelê en die meeste toerusting en pompe werk op tydskakelaars. Selfs in vele van die splinternuwe krale is daar ligte sodat werk tot na donker kan voortgaan en skoudiere kan uitsien na gerieflike onderdak-akkommodasie kort voor skoue.
Vir drinkwater sorg hy by wyse van die twee damme op die plaas en dit word skoongehou sodat elke kosbare reëndruppel tot die uiterste bewaar en benut kan word.
Hy erken skouerophalend dat hy altyd goed probeer raaksien wat kan werk en dikwels risiko's loop. Gelukkig vir hom was hy meesal suksesvol en dié kere dat hy nie was nie, kon hy dit maklik agterlaat. “Ek tob nie te veel nie en is nie baie sentimenteel nie,” sê hy. Dus, selfs wanneer ? topdier nie na wense presteer nie, is dit vir hom of haar die einde van die pad.
Daar is tans nog ? paar projekte en geldinsamelings wat hom besig hou en hy laat ook die aap versigtig uit die mou oor ? interessante projek waaroor hy reeds besig is om met ? internasionale groep te onderhandel.
Mense bly belangrik
Maar hy raak steeds oor mense ook opgewonde en was tot onlangs die uitvoerende direkteur van die Michelle McLean Kinderfonds. Hy was sowat 18 jaar daarby betrokke, maar is beskeie oor sy bydrae. “Ek het doelwitte gestel en daarna gestreef, maar eintlik het alles maar net tot my voordeel in plek geval toe dit na my kant gekom het.”
Vir hom is dit alles maniere om sy lewensfilosofieë uit te lewe, om sy liefde vir die teologie ook op ander maniere te gebruik. “Ek het ook al my kop gestamp en sodoende baie uit foute geleer. Nou pas ek graag hierdie lewenservaring tot voordeel van andere toe”.
Sy raad aan ander is dus kort en kragtig: “Dink positief, gebruik en leef elke dag voluit, bou ? goeie verhouding met jou werkers en vertrou en pas hulle op.”
Na die gesels, terwyl ek met die kronkelpad wegry, weerkaats die mooi, netjies-gerestoureerde opstal onder die hoë bome wit in die halfvol plaasdam terwyl die laatmiddagson dié keer sy laaste strale daarin laat blink.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.07/OZ UP +0.97% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0008 | Zinc US$ 2 446.40/T DOWN -0.41% | Brent Crude Oil US$ 86.78/BBP UP +0.45% | Platinum US$ 898.23/OZ UP +0.37% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.07/OZ UP +0.97% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0008 | Zinc US$ 2 446.40/T DOWN -0.41% | Brent Crude Oil US$ 86.78/BBP UP +0.45% | Platinum US$ 898.23/OZ UP +0.37%