Kunstenaars skitter by Afrikadag-konsert
Kunstenaars skitter by Afrikadag-konsert

Kunstenaars skitter by Afrikadag-konsert

MTV Base Africa en Youtube het op 25 Mei ’n aanlyn konsert, Africa Day Benefit Concert at Home, aangebied wat kykers op ’n virtuele toer van Afrika geneem het.

Michael Kayunde, die kuns- en vermaakjoernalis by Republikein se susterkoerant Namibian Sun, het verlede week in sy kolom gesê die kunstenaars wat by die geleentheid sou optree, is nie noodwendig ’n algehele verteenwoordiging van Afrika-kunstenaars nie. Nadat hy na die konsert gekyk het, het hy die volgende resensie geskryf:

Die vertoning is deur die voorsitter van die Afrika-unie (AU) en president van Suid-Afrika, mnr. Cyril Ramaphosa, geopen. Die Nigeriese musikant Davido het eerste opgetree en Sho Madjozi, Fally Ipupa en Sauti Sol het optredes in die eerste helfte van die konsert gelewer. Die melodieë het gewissel tussen stadig en opgewek.

Die bekende akteur Idris Elba, wat ook onlangs die coronavirus geklop het, was die aanbieder.

Dit was verfrissend om te sien hoe bekende kunstenaars wêreldwyd tyd opsy sit om deel van hierdie liefdadigheidskonsert te wees.

Alle fondse wat ingesamel is, sal aan die wêreldvoedingsprogram en Unicef geskenk word om kwesbare kinders en gesinne by te staan, veral te midde van die Covid-19-pandemie.

Die vertoning is goed saamgestel. Dit was inderdaad ’n aand gevul met dinamiese vertonings van verskeie Afrika-kunstenaars wat uit die gemak van hul eie huise opgetree het. Dié konsert gee ons insig na hoe musikante hul aanlyn optredes kan verbeter. Een van die vertonings wat uitgestaan het was Diamond Platinumz s’n. Hy het kykers ’n virtuele toer van sy spoghuis gegee terwyl hy een van sy treffers uitgevoer het.

Nog ’n skitterende optrede was dié van die Suid-Afrikaanse kunstenaar Nasty C. Sy benadering tot die aanlyn konsert was weer eens ’n bewys van sy passie vir musiek en kunste.

Nie genoeg Afrika-kunstenaars was egter deel van die konsert nie. Meer Afrikalande kon verteenwoordig word. Opkomende kunstenaars moet ook ’n tyd in de kollig geniet, veral by groot geleenthede soos dié.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!