Kunstenaar met hope talent
Kunste is sy passie en sy roeping, dít weet Edmund Angula al reeds van kindsbeen af.
Yandi du Plessis
Wanneer jy tien kilometer buite Outjo op die Etosha-pad verby twee groot olifante en ’n kalfie ry, sal jy haastig rem en jou kamera gryp, maar ná ’n paar oomblikke wonder hoekom die drie reusediere nog nie ’n fraks beweeg het nie.
Dit is alles pure oëverblindery. In die werklikheid is dit die werk van ’n talentvolle plaaslike kunstenaar.
Kunste is sy passie en sy roeping, dít weet Edmund Angula al reeds van kindsbeen af. Op ’n jong ouderdom het hy reeds met die kunsvorm begin eksperimenteer. Die strukture wat hy skep, is lewensgroot en lyk nes die ware Jakob.
Van sy werk kan in Windhoek, Rehoboth en selfs in Angola en Suid-Afrika gesien word.
Die groot strukture soos die olifante kan tot vier weke neem om te voltooi, afhangend van die beskikbaarheid van die materiale waarmee hy werk. Hy gebruik sement, gips, metaal en verf om dié indrukwekkende strukture letterlik op die been te bring.
Al die werk word op die perseel gedoen waar die kunswerk moet wees, aangesien hy nie ’n werkswinkel tot sy beskikking het nie. Dit sal in elk geval ’n uitdaging wees om die groter strukture te vervoer.
Edmund was aanvanklik ’n leerling aan die Atlantic Primêr op Swakopmund. Hy het later na Hoërskool Cosmos aanbeweeg, waar hy tot graad 10 skoolgegaan het. Hy het besluit om skool te verlaat en as ’n voltydse vryskutkunstenaar ’n bestaan te maak.
Hy sê die pandemie het nie ’n ernstige impak op sy besigheid gehad nie, maar dat die gebrek aan materiale wat in Namibië beskikbaar is wel vir hom ’n uitdaging is.
“Ek kan dikwels nie die materiaal wat ek nodig het om my strukture te voltooi in die hande kry nie en soms moet ek maar aanpasbaar wees!” voeg hy by.
Edmund sê kuns het hom “geduld en nederigheid” geleer en hom die lewe “in ’n ander lig laat sien”.
Sy besigheid word meestal mondelings bemark.
“Baie van my kliënte beveel my dienste vir vriende en familie aan.”
Vir hom gaan dit ten volle oor die kuns en hy laat nie korporatiewe struikelblokke in die pad van sy passie toe nie. “Soos hulle sê, as jy dít doen waarvoor jy lief is, sal jy nie ’n dag in jou lewe werk nie.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie