Kuns van verandering

17 July 2020 | Kuns en vermaak
Yandi du Plessis

Goeie nuus vir kunsliefhebbers! Die Project Room-galery bied ’n nuwe uitstalling deur Barbara Böhlke aan. Dié kunstenaar verwerk die huidige klimaat van verandering in Namibië en die wêreld in haar nuutste versameling, wat vanaf 18 Julie besigtig kan word.

Die naam van die uitstalling is heel gepas: Transitions. Barbara reflekteer op die tyd waarin die wêreld voor ’n pandemie en die onafwendbare inperkings te staan gekom het. Op haar manier verwerk sy die realiteit van dié onsigbare siekte wat soveel veranderinge meegebring het.

Barbara werk steeds met die mediums waarvoor sy bekend is. Natuurlike okerpigmente (Otjize) uit die noordelike deel van die Kunenestreek, houtskool en as met wit akriel op die skilderdoek.

In Transitions werk Barbara met binne- en buiteruimtes wat aangedui word deur titels soos “Sacred space”, “Gramadoelas”, “Regenstimmung” en “Earth Shadow reflection”.

DIE KUNSTENAAR

Barbara is gebore en getoë in Swakopmund. Kampeeruitstappies saam met haar ouers het haar reeds op ’n vroeë ouderdom ’n diep verbintenis met die Namibiese landskap laat vorm.

Aangesien beide haar ouers opgeleide goudsmede was, het sy ook begin om dié kunsvorm aan te leer. Sy het egter gou besef dit is nie haar roeping nie en het Beeldende Kunste aan die Stellenbosch-Universiteit begin studeer. Daar het sy in 1989 haar honneursgraad in BA Beeldende Kunste (cum laude) verwerf.

Daarna het sy teruggekeer na Namibië en sy is sedertdien ’n aktiewe lid van die kunsgemeenskap.

Haar werk word gereeld by solo- of groepsuitstallings vertoon en kan in versamelings regoor die wêreld aangetref word.

In 1997 het sy die Barbara Böhlke Art School geopen waar sy leiding gee aan voornemende kunstenaars, jonk en oud.

Die uitstalling is vanaf Saterdag, 18 Julie, tot Saterdag, 1 Augustus, oop. Die galery is tussen Dinsdae en Saterdae tussen 10:00 en 13:00 oop en is geleë by 32 Jennerstraat in Windhoek-Wes.

Soortgelyk

 

Vandag se Covid-19-data

6 ure gelede | Gesondheid

'n Visuele opsomming van die inligting vir Maandag 10 Augustus 2020, soos om 15:00 vanmiddag aangekondig deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr....

Skerp styging in gevalle in Windhoek wek kommer, sê...

7 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het die situasie in Windhoek as "kommerwekkend" beskryf met 79 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag in...

Twee met ivoor, velle vasgetrek

12 ure gelede | Misdaad

Twee vermeende wildmisdadigers, mnr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje en David Simon, is verlede Maandag in Windhoek glo met drie stukke ivoor en een elk luiperd- en...

Viskwotas: Tweede Fishrot gevrees

22 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw op Walvisbaai - Rolspelers in die visbedryf is bekommerd dat die land in 'n tweede Fishrot-skandaal gedompel sal word as viskwotas opgeveil word....

Olifante vertrap Noorde-plase

22 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Twee troppe olifante het sedert Donderdag en oor die afgelope naweek verwoesting op plase teen die veterinêre kordonheining in die Noordooste gesaai,...

Tossing papers, tapping buttons

22 ure gelede | Tegnologie

Justicia Shipena WINDHOEKHaving started his coding journey in grade nine at De Duine Secondary School in Walvis Bay, Joachim Shilongo recently developed a...

'Beskerm jouself en ander'

22 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan beheermaatreels in Windhoek verskerp in ’n poging om die toenemende skerp styging in Covid-19-gevalle...

Weer vir 11 Augustus 2020

22 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal môre in die Suide vestig. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm, maar baie warm...

#Covid19SafetyChallenge closing date extended

22 ure gelede | Gesondheid

Justicia Shipena LifeLine ChildLine, through Uitani Radio, invites young people of all ages to participate in the #Covid19SafetyChallenge.This competition aims to monitor how many...